Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vier Jeug- en Vadersdag gratis in Kaapse natuur

Met Jeugdag wat Sondag saam met Vadersdag gevier word, gee CapeNature gratis toegang tot sy natuurreservate vir almal jonger as 35 jaar.

Dit sluit in gebiede soos die Gamkaberg-natuurreservaat in die Klein-Karoo, die Stonypoint-natuurreservaat buite Bettysbaai en die Cederberg-wildernisgebied.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, moedig plaaslike inwoners en besoekers aan die provinsie aan om van die geleentheid gebruik te maak.

“CapeNature se natuurreservate is gebiede waar mense in kontak kan kom met die natuur. Ons maak dit op hierdie Jeugdag vir almal onder 35 moontlik om dié unieke gebiede gratis te geniet.”

Besoekers moet ’n identiteitsdokument wys om hul ouderdom te bevestig.

Die gratis toegang geld staproetes, bergfietsrypaadjies en piekniekgeriewe.

Normale tariewe en toegangsgelde is van toepassing op enige verblyf wat aanlyn of deur die oproepsentrum bespreek word.

Hierdie aanbod is net op Sondag 16 Junie geldig.

CapeNature is ’n openbare instelling wat onder die provinsiale departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning val.

CapeNature het die taak om biodiversiteitsbewaring in die Wes-Kaap te bevorder en te verseker. Die organisasie bestuur die meeste van die natuurreservate in die provinsie.

Meer oor:  Capenature  |  Kaapstad  |  Vadersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.