Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vin-dingryke stelsel leer rekenaars om haaie op te spoor

Die Shark Spotters-program in Kaapstad ontwikkel ’n rekenaarstelsel waarmee haaie outomaties opgespoor kan word met vaste kameras wat bo strande geïnstalleer word.

Die rekenaarstelsel sal nie die mense wat as haaiwagte werk, vervang nie, maar sal hulle help met meer betroubare en akkurate haai-opsporing, sê die Kaapstad-metro.

’n Haaiwag.Foto: Argief

Shark Spotters en die Universiteit van Kaapstad (UK) ontwikkel die nuwe rekenaarstelsel in samewerking met PatternLab Sàrl, ’n Switserse navorsings- en ontwikkelingsmaatskappy.

Die ontwikkeling sal na verwagting 18 maande duur en het reeds in Vishoek begin. Foto’s van haaie word geneem en die rekenaarprogram word geskryf om op grond daarvan haaie in die water te herken.

Kunshaaie sal ook van tyd tot tyd gebruik word om die stelsel te toets.

Die metro sê die haaiwagte het sedert 2004 al meer as 2 000 haaiwaarnemings aangeteken. Die stad het 15 jaar gelede begin om wagte op uitkykposte te plaas en die see langs die strande vir haaie te fynkam.

“Die ontwikkeling van die geoutomatiseerde stelsel sal voortbou op hierdie sterk fondament en help om sommige van die beperkings, soos foute en uitputting van werknemers te oorkom,” sê die metroraad.

Meer oor:  Universiteit Van Kaapstad  |  Kaapstad  |  Haaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.