Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vloede in Kaap weer gevrees
Nog swaar reën word Maandag en Dinsdagoggend oor die Suidwes-Kaap verwag, terwyl reënbuie tot Donderdag nog in die Wes-Kaap kan voorkom. Foto: Jaco Marais

Swaar reën met die moontlikheid van oorstromings op plekke in Kaapstad en dele van die Kaapse Wynland- en Overberg-distrik word vir Maandag voorspel, en dit behoort Dinsdagoggend voort te duur.

Nog reën kan Woensdag en Donderdag oor die Suidwes-Kaap uitsak.

Sterk wind kan Maandagmiddag ook oor die binneland van die Wes-Kaap en die suidweste van die Noord-Kaap voorkom, het die Suid-Afrikaanse weerdiens voorspel.

’n Kouefront behoort die Suidwes-Kaap teen vroegmiddag te bereik, met tussen 15 mm en 30 mm reën wat wyd behoort uit te sak, en tot 50 mm oor bergagtige dele.

Maandag is daar ’n 100%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Hermanus, Malmesbury, Grabouw en Langebaan, met ’n noordwestelike wind van tussen 30 en 40 km/h.

In Worcester, Ceres, Clanwilliam, Vredendal en Redelinghuys is daar ’n 80%-kans op reën, sowel as ’n 60%-kans in George, Mosselbaai, Riversdal en Kaap Agulhas.

Water het Vrydag nog sterk gevloei in die kanale van Gouda na die Voëlvleidam in die Wes-Kaap, nadat goeie reën die afgelope week uitgesak het. Foto: Samuel Walters

Die noordwestewind kan in Hermanus, Worcester en Beaufort-Wes tot 50 km/h bereik.

Dinsdag is daar ’n 30%-kans op reënbuie oor die grootste deel van die Wes- en Oos-Kaap, sowel as die suidweste van die Noord-Kaap.

Donderweer en reën word ook in Port St. Johns verwag, terwyl ’n suidwestelike wind van tot 50 km/h in Port Elizabeth en Port Alfred kan voorkom.

Teen Woensdag is daar ook ’n 30%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Hermanus en Grabouw.

Donderdag is daar ’n 60%-kans op reën oor die Suidwes-Kaap en die Weskus tot by Redelinghuys, met ’n 30%-kans in Worcester, Riversdal, Clanwilliam en Vredendal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.