Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Voëlgriep: Vrystaat 'waaksaam'
Foto ter illustrasie.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat sê in ’n mediaverklaring dié instansie is ekstra waaksaam nadat voëlgriep op plase in die Goudveld uitgebreek het.

Die twee plase, Harcos en Mooidoorn, die eiendom van Thys Pottas, die naasgrootste eierprodusent in die Vrystaat, is hierdie week onder kwarantyn geplaas. Die plase is tussen Welkom en Odendaalsrus geleë en ongeveer 400 000 lêhenne word tans van kant gemaak.

’n Woordvoerder van die departement, Zimasa Leputla, sê Pottas het die departement onmidddellik in kennis gestel toe die vrektesyfer van die hoenders skerp gestyg het. Staatsveeartse staan Pottas by en help met die ontsmetting van die hoenderhuise en vernietiging van die hoenders.

Inenting teen die virus word deur die wet verbied, sê Leputla in die verklaring. Die virus kom in twee vorme voor, naamlik hoogs patogenies of laag patogenies. Die lae patogeniese vorm wys feitlik geen simptome nie terwyl die hoë patogeniese vorm ’n hoë vrektesyfer veroorsaak. Verskeie voëlspesies soos tarentale en ander wilde voëls asook hoenders en kalkoene is vatbaar vir die virus.

Die mis van besmette voëls, besmette water, kos, toerusting en klere kan die virus versprei. Voertuie, hoenderhokke en klere kan ook die virus versprei wanneer pluimvee of mak voëls tussen plase vervoer word.

“Ons doen ’n beroep op alle eienaars van pluimvee om by die basiese reëls van biosekuriteit te hou om sodoende die verspreiding van die virus te voorkom.

Hoendervleis wat verkoop word, is veilig vir menslike gebruik, sê die LUR vir landbou, Oupa Khoabane. Die virus kan ook nie deur eiers versprei word nie.

Volgens Leputla het die H5N8-virus sover bekend nog nie ernstige siekte of dood onder mense veroorsaak nie

Volgens Leputla het die H5N8-virus sover bekend nog nie ernstige siekte of dood onder mense veroorsaak nie maar mense wat in noue kontak is met groot klompe hoenders kan moontlik met die virus aangesteek word.

Mense moet daarop let dat skielike vrektes daarop kan dui dat hoenders met die virus besmet is. Hoenderboere moet streng maatreëls handhaaf en toegangsbeheer tot hoenderhokke en toerusting is baie belangrik. Hokke en toerusting moet ook gereeld ontsmet word.

Wanneer mense onraad vermoed, moet die departement ingelig word sodat daar monsters van siek diere geneem kan word en vir die virus getoets kan word, sê Leputla.

Meer oor:  Vrystaat  |  Goudveld  |  Voëlgriep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.