Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Voëls kan ly onder besoedelde water in Karoo

Hoewel die voëllewe in die Karoo kan oorleef en saambestaan met hidrobreking, sou dit ’n gevaarlike waagstuk wees.

Volgens ’n studie deur dr. Alan Lee, ’n voëlkundige, en drie kollegas, kan besoedelde water in die gebied, hetsy veroorsaak deur hidrobreking of mynbedrywighede, ernstige gevolge vir voëls inhou, mits dié bedrywighede streng gereguleer word, lui ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit-instituut (Sanbi).

Daarvolgens sak voëls in die Karoo veral in droë tye soms “in hul honderde” toe op water- en drinkplekke.

Die kompetisie, wat reeds tussen voëls en vee bestaan, word vererger deur die mynbedryf, en veral hidrobreking.

Daar is ’n wanopvatting dat voëls in droë gebiede nie op water staatmaak nie, maar dit is nie die geval in die Karoo nie

Lee en sy kollegas se studie is gedoen as deel van die Karoo-biogap-projek en word befonds deur die Foundational Biodiversity Information Programme (FBIP), met die doel om te verstaan watter spesies in watter dele van die Karoo voorkom.

Volgens Lee het talle spesies aangepas by droë toestande, maar ’n “ongewone groot persentasie” – byna 45% – van die 315 voëlspesies in die semidroë toestande van die Karoo, het direk of indirek water nodig.

Behalwe om dit te drink, is daar verskeie spesies wat hul neste op water maak, daarin rus en kos soek, of modder gebruik om ’n nes te bou.

“Daar is ’n wanopvatting dat voëls in droë gebiede nie op water staatmaak nie, maar dit is nie die geval in die Karoo nie,” sê Lee.

Luidens die verklaring is die Karoo ’n unieke streek in Suider-Afrika met die omgewing se ekologiese prosesse en endemiese spesies.

Lee voer aan dat groot gebiede benodig word om die verskeie nomadiese voëls te onderhou wat reënval volg en kos, nesplek en kortstondige staande water benodig.

Intussen is daar ook snelgroeiende ontwikkelings in die myn- en windplaas-ontwikkeling, en moontlike hidrobrekingbedrywighede.

Daarom gaan dit nodig wees dat die water wat in hidrobreking gebruik word en verskeie chemikalieë bevat, ingeperk moet word vir die voëllewe en hidrobreking om saam te kan bestaan.

“Die bedekking van die waterbronne sal ’n vereiste moet wees,” sê Lee. Voorts sal daar oorweging geskenk moet word om skoon water te verskaf.

Meer oor:  Besoedel  |  Karoo  |  Besoedeling  |  Voëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.