Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Voëlvrektes nou ook in Gauteng
Neville Ganes sê die getal voëlvrektes het vermeerder. Foto: Facebook

Die verskeie voëlvrektes wat in talle Oos-Kaapse dorpe voorkom, het onlangs ook in Gauteng kop uitgesteek.

Toetsuitslae dui daarop dat die vrektes onder tientalle voëls in die Oos-Kaap deur die paramiksovirus veroorsaak word.

Annette Rademeyer, woordvoerder van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in die Oos-Kaap, sê dit is ’n virale virus en kan nie mense of ander diere affekteer nie.

’n Persoon wat egter aan hul oë vat nadat hulle aan ’n besmette voël gevat het, kan konjunktivitis kry.

Rademeyer sê die virus kom elke paar jaar voor en dat wilde voëls dit versprei.

Inwoners van Qonce (King Wil­liam’s Town), Oos-Londen en Ntabozuko (Berlin) meld reeds die afgelope drie weke tientalle vrektes onder voëls aan. Die dooie voëls is hoofsaaklik duiwe en wewervoëls wat in strate, parke, skoolterreine en op dakke en balkonne aangetref is.

Die siekte het daarna onder hoenders posgevat en ses hoenders en ’n gans van die DBV in Qonce het verlede week in hul hokke gevrek. Wilde voëls word op die perseel gevoer en loop tussen die diere rond.

Vrektes is ook in Gqeberha (Port Elizabeth) en St. Francisbaai aangemeld.

Die DBV het bevestig voëls het ook in Gauteng gevrek.

Mense word steeds gemaan om nie dooie voëls kaalhand op te tel nie. Huisvoëls moet in hul hokke bly en mense word aangeraai om nie wilde voëls te voer nie.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Gauteng  |  Voëlvrektes  |  Paramiksovirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.