Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vraatsige indringer in Tuinroete-park getakel

Daadwerklike pogings word aangewend om te verhoed dat ’n verwoestende indringerplant, Madeira vine (Anredera cordifolia), vastrapplek in die Tuinroete- nasionale park in die Suid-Kaap kry.

Suray Makwena by die Ebb en Flow-ruskamp in die Wildernis-gebied van die Tuinroete nasionale park.

Dit is nie bekend hoe die plant in die gebied gevestig het nie, maar dit word meestal gebruik vir versiering en kon moontlik ’n geskenk vir iemand gewees het, sê Nandi Mgwadlamba, ’n Sanparke-woordvoerder, by navraag.

“Die plant kom hoofsaaklik buite die park voor, maar die plan is om dit uit te roei alvorens dit die park binnekom. Die plant word ook gevind in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng.”

Sanparke sê in ’n verklaring die plant kan opgespoor word in Suid-Amerikaanse lande soos Brasilië, Colombia en Paraguay.

Volgens die Landbou-navorsingsraad ontneem die klimplant ander inheemse plante van sonlig en voedingstowwe wanneer dit hoër as inheemse plante groei en hulle as’t ware versmoor. Die plant verhoed ook ontkieming van ander plante en kan vinnig grondlangs versprei.

Die plant kom van Wildernis in die Tuinroete tot Port Elizabeth in die Oos-Kaap voor.

Die plant se blare is hartvormig en dra van Februarie tot April wit, speekvormige blomme. Buisies kom by die stingel voor en elke buisie kan ’n nuwe plant begin. Ingevolge Sanparke se biodiversiteit- en maatskaplike programme is die uitroeiing van die plant in die park se gebied geprioritiseer en mannekrag en hulpbronne is hiervoor beskikbaar gestel.

Madera vine Foto: Verskaf

Suray Makwena (31), wat onlangs aangestel is as die projekbestuurder vir die Werk vir Kus-program, is aangewys om die plant in sy vroeë stadium van groei te identifiseer.

Volgens haar kan die plant tot 30 m lank groei wanneer dit ontwikkel het. Jonger stingels lyk soos rooierige of groenagtige toue wat later grysbruin vertoon.

Makwena is reeds meer as tien jaar betrokke by pogings om inheemse plante en ekostelsels teen uitheemse indringerplante soos Madeira vine te beskerm.

As deel van die program werk 74 mense in die gebied wat oor 63 km strek, van plekke soos Heroldsbaai, Victoriabaai, Pacaltsdorp en Leentjiesklip tot by Swartvlei in Sedgefield.

Meer oor:  Tuinroete  |  Madeira Vine  |  Indringer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.