Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vrystaat se damme op 96%
Sputnik Ratau Foto: Argiewe

Terwyl die gemiddelde damvlak in die Vrystaat vandeesweek op 96% is – net minder as verlede week se 96,4% – versoek die departement van water en sanitasie Vrystaters om water steeds spaarsamig te gebruik.

Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement, sê in die Mangaung-metro se watertoevoerstelsel, wat uit vier damme bestaan, is die Rustfonteindam nou op 66,4% teenoor 67,5% verlede week. Die Groothoek-dam by Thaba Nchu is op 89,6% teenoor 90% verlede week.

Die groot erfenisdamme in die Vrystaat is almal meer as 50% vol, wat verligting bring vir sowel die landbousektor as die omliggende gebiede wat van die hoofdamme afhanklik is.

Die Krugersdriftdam bly onveranderd op 99%. Die Gariepdam staan op 92,9% teenoor 93,7% verlede week.

Die dam met die langste damwal in die Suidelike Halfrond, die Vanderkloofdam, se watervlak het ook effens gedaal van 93,75% verlede week tot 92,9% vandeesweek.

Die Fika Patso-dam in Phuthaditjhaba in die Namahadi-rivier staan op 85,5% teenoor 86,8% verlede week.

Ratau sê Suid-Afrika bly ’n waterskaars land. Mense moet steeds water spaarsamig gebruik ten einde die beskikbare water te bespaar. Daar moet gehoor gegee word aan waterbeperkings in munisipaliteite.

Rossouw Botes Foto: Argiewe

Rossouw Botes, DA-raadslid van die Mangaung-metro, sê in reaksie hulle is baie dankbaar dat die damvlakke so positief lyk. Dit skep die indruk dat daar genoeg water is, maar hy sê die probleem lê daarin dat daardie water onttrek en gesuiwer moet kan word en reservoirs moet kan bereik.

Daar is deurlopend ’n tekort aan chemikalieë en voldoende kundigheid en mannekrag is ook nie altyd beskikbaar nie.

Van nasionale vlak af word daar voortdurend ’n beroep op munisipaliteite gedoen om waterlekke vinniger te herstel om waterverliese te beperk, maar dit gebeur ongelukkig steeds nie, sê Botes.

Sover in Julie het hy 14 klagtes oor waterlekke in Bloemfontein ontvang, waarvan sover sy kennis strek net twee herstel is.

Meer oor:  Vrystaat  |  Mangaung-Metro  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.