Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Vrystaatse besoedeling bedreig Vaaldam, Gauteng

In ’n desperate poging om die Wilgerivier by Harrismith van rioolbesoedeling te red is daar vroeër die maand ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) in Bloemfontein ingedien.

Andrew Chin, stigter van die niewinsgewende organisasie Swim for Rivers, sê hy het die klag ingedien omdat hy wil hê mense moet weer in Suid-Afrikaanse riviere kan hengel en kinders moet daarin kan swem.

Die Wilgerivier by Harrismith is volgens inwoners nou so besoedel dat daar nie meer visse in die rivier is nie.Foto: verskaf

Die MRK het ontvangs van Chin se klag erken, maar nog nie verder op die klag gereageer nie.

Willem Pretorius, ’n inwoner van Harrismith, het ook ’n brief aan Barbara Creecy, minister van omgewingsake, gerig waarin hy vra dat sy ingryp in die rioolkrisis wat ook die Vaaldam en Gauteng bedreig.

Albi Modise, Creecy se woordvoerder, kon nie Vrydag bevestig of Creecy die brief al gekry het nie.

Pretorius sê die Wilgerivier naby die dorp is nou so deur riool besoedel dat daar bykans geen lewe meer in die rivier is nie.

Die Wilgerivier kry water uit die Katsedam wat dan na die Vaalrivier en uiteindelik na die Vaaldam vloei.

Pretorius sê die aanhoudende besoedeling van die Wilgerivier deur munisipaliteite bedreig ook boere wie se vee teen die rivier wei en plaaslike inwoners wat vis vir eie gebruik in die rivier vang.

Pretorius sê daar is nie meer vis in die rivier nie.

“Dis nou ’n dooie rivier,” sê hy.

Die stank by die rivier is ook onuithoudbaar.

Chin reis deur die land en swem in riviere om so aandag te vestig op die besoedelingsprobleem.

Die Wilgerivier en die Bergrivier in die Wes-Kaap is twee riviere waarin hy siek geword het weens rioolbesoedeling.

Chin het in 2013 siek geword toe hy in die Wilgerivier geswem het en sê die probleem is al dekades lank aan die gang.

“Ons land se riviere moet bewaar word sodat ons kinders weer daarin kan swem,” sê hy.

Dis nie moeilik om die riviere weer reg te kry nie, sê hy.

Ons moet net ophou om dit te besoedel.

Die VF Plus het in April vanjaar ’n strafregtelike klag teen die Mafube-munisipaliteit by Frankfort ingedien omdat die Wilgerivier ook hier met rioolvuil besoedel word.

LEES MEER: VF Plus dien klag in oor riool in rivier 

Rioolvuil loop daagliks in die Wilgerivier by Harrismith.Foto: verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.