SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Omgewing
W-Kaapse damvlakke daal ál verder, maar beter as 2018

Die damvlakke oor die meeste van die Wes-Kaap het die afgelope week verder gedaal, maar bly grootliks hoër as oor dieselfde tydperk verlede jaar.

Die Voëlvleidam in die Wes-Kaap se vlak het die afgelope week van 88,2% tot 86,7% gedaal. Dié foto van die dam, tussen Gouda en Wellington, is verlede Donderdag geneem. Foto: Samuel Walters

Die gemiddelde damvlak van die provinsie het teen Maandag van 65% tot 63,4% afgeneem, teenoor 59,6% dié tyd in 2018.

Verder het die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel van 82,6% tot 81,1% gedaal en verlede jaar op 69,6% gestaan.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het in ’n verklaring gesê die vooruitsig vir die provinsie is hoofsaaklik positief wat watersekerheid betref, maar daar is uitdagings in sekere streke wat steeds onder die droogte ly.

Bredell het ook die nasionale departement van water en sanitasie se nuwe meesterplan vir water “in beginsel” verwelkom, maar benadruk dat die befondsing en inwerkingstelling daarvan noodsaaklik gaan wees.

Die Kaapstadse metroraad het ook bevestig dat die metro se gesamentlike waterverbruik die voorafgaande week weer van 689 miljoen liter (megaliter) per dag tot 704 megaliter per dag gestyg het.

Onder vlak-een-waterbeperkings is die mikpunt vir gebruik egter onder 650 megaliter per dag.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week van 74% tot 72,5% gedaal, teenoor 54,4% dié tyd verlede jaar.

Die vlak van die Benede-Steenbrasdam het van 94,1% tot 91,4% afgeneem en die vlak van die Voëlvleidam van 88,2% tot 86,7%.

Daarby het die vlak van die Bergrivierdam van 98,6% tot 97,3% gedaal en die vlak van die Wemmershoekdam van 90,8% tot 88,8%.

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak ook van 84,7% tot 80,8% afgeneem, terwyl dit verlede jaar dié tyd op 84,5% gestaan het.

Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning. Foto: Verskaf
Damvlakke

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën  |  Droogte  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.