Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
GRAFIKA: Jongste damvlakke

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlakke lyk nog goed vir dié tyd van die jaar en hopelik sal daar weer goeie winterreën uitsak.

Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het Dinsdag dankbaarheid uitgespreek oor die stand van veral die damme wat aan die Kaapstad-metro water voorsien.

“Ons hoop om soortgelyke goeie reën te sien in die komende maande, maar doen ’n beroep op gebruikers om aan te hou om water verantwoordelik te gebruik, selfs in gebiede waar die damme voller is.”

Bredell het in ’n verklaring ’n beroep op Wes-Kapenaars gedoen om lekkasies so gou as moontlik aan te meld en die vermorsing van water te vermy.

Teen Dinsdag het die provinsie se gemiddelde damvlak die afgelope week van 53,5% tot 52,4% gedaal, terwyl dit in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar op 40,1% gestaan het.

Kaapstad se gemiddelde damvlak het ook van 72,6% tot 71,5% afgeneem en was 56,9% dié tyd verlede jaar.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, se vlak het van 76,7% tot 75,7% gedaal, teenoor 52,8% in 2020.

Ander damme wat aan Kaapstad water voorsien, lyk só:

• Benede-Steenbrasdam: 60,4% (62% verlede week) met 27,5 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Bo-Steenbrasdam: 52,6% (52,1%);

• Voëlvleidam: 64,2% (65,6%);

• Bergrivierdam: 73.9% (74,9%); en

• Wemmershoekdam: 68,6% (70,8%).

Die Clanwilliamdam se vlak het van 28,2% tot 25,6% afgeneem en was slegs 13,1% vol dié tyd verlede jaar.

damvlakke

In die Karoo het die meeste damvlakke verder gedaal:

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 15,5% (15,7% verlede week);

• Calitzdorpdam: 43,3% (43,2%);

• Leeu-Gamkadam: 25,7% (27,9%);

• Oukloofdam naby Prins Albert: 0% (0%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 55,2% (56,4%);

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 5,4% (5,6%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 21% (21,2%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 0% (0%) met 1,6 mm reën in die voorafgaande sewe dae.

In die Suid-Kaap het die meeste damvlakke ook afgeneem:

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 84,6% (85,5% verlede week) met 14 mm reën in die voorafgaande sewe dae;

• Korentepoortdam naby Riversdal: 83,1% (84,5%) met 4,2 mm reën;

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 60,7% (61,3%) met 6,6 mm reën; en

• Tuinroetedam by George: 100% (100%) met 17 mm reën.

oos-kaap damvlakke

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.