Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Waarskuwing: Hael, sterk wind vir Gauteng voorspel

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdagmiddag gewaarsku teen hewige donderstorms oor Gauteng wat met hael en sterk winde gepaard sal gaan.

William Msimanga, weervoorspeller, sê oorstromings kan ook weens die hewige reënval voorkom.

Msimanga sê die storm het in die Johannesburgse middestad begin, maar gaan na die res van die provinsie uitbrei.

Die storm sal na verwagting teen Donderdagaand opklaar, sê Msimanga.

Vroeër is berig inwoners van Noordwes en Limpopo kan ook Donderdag reën oor groot dele van die provinsies verwag.

Meer oor:  Stormwind  |  Hael
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.