Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Walvis op strand by Jeffreysbaai van kant gemaak

WAARSKUWING: Die video onderaan mag sensitiewe lesers ontstel.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Maandagaand na die strand in die Kabeljous-natuurreservaat by Jeffreysbaai ontbied waar ’n walvis gestrand het.

Craig Lambinon, nasionale woordvoerder van die NSRI, sê die Marine Animal Stranding Network, mariene wetenskaplikes en veeartse is ontbied.

Die 11 m lange bultrugwalvis se toestand was volgens Lambinon baie swak en die walvis het gely.

Die Marine Animal Stranding Network het besluit om die walvis weens sy lyding uit te sit.

Nadat alle nodige reëlings getref is, is dit Dinsdag onder leiding van mariene wetenskaplikes en veeartse, wat op die toneel was, gedoen.

Die Kouga-munisipaliteit se afdeling vir afvalbestuurder het reëlings getref om die walvis se karkas onder die toesig van Kouga se risiko-en-rampbestuurder van die strand af te verwyder.

Kyk na die video, verskaf deur Chantelle en Riaan Luther:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.