Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Walvis spoel uit by Boggomsbaai

’n Walvis, waarvan die spesie nog vasgestel moet word, is van Boggomsbaai se strand naby Mosselbaai in die Suid-Kaap verwyder nadat dit Donderdag daar uitgespoel het.

Omstanders Donderdag by die walvis se karkas op Boggomsbaai se strand. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)
Die walvis van naderby gesien. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Dit is nog onbekend wat die walvis se dood veroorsaak het. “Wetenskaplikes het reeds weefselmonsters geneem en die karkas is verwyder,” sê Tersia Marais van Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart), ’n organisasie wat hom beywer vir die redding en bewaring van seediere. Die karkas is Donderdagoggend deur strandgangers ontdek.

Volgens haar was Smart die afgelope week omtrent bedrywig. Donderdagoggend is ’n volwasse rob ook by Hartenbos vrygelaat nadat ’n pen van ’n duiwelsvis (Mobula mobular) wat in haar sy vasgesit het vanself uitgeval het.

“Die rob het Sondag by die Punt uit die see gekom en toe in die parkeerterrein gaan lê,” sê Marais. “Smart-vrywilligers het haar deurentyd gemonitor. Sy het ongemaklik voorgekom. Sy is Maandagoggend gevang en na ons veearts, dr. Frans de Graaff in Hartenbos, geneem. Die pen het Donderdagoggend vanself uitgeval. Die rob is toe na Hartenbos se strand geneem en suksesvol vrygelaat,” sê Marais.

Die rob op Hartenbos se strand. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Volgens inligting op Facebook is die rob later in die see gewaar waar sy al te lekker in die branders speel.

Die duiwelsvis se pen wat in die rob vassteek. Foto: Stranded Marine Animal Rescue Team (Smart)

Marais sê mense moet ook bedag wees op robbe wat op strande in die gebied rus, en jong pikkewyne wat uitspoel weens onstuimige seetoestande en kouefronte. Mense moet Carol Walton van die Seevoël-en-pikkewyn-rehabilitasiesentrum (Saprec) buite Mosselbaai by 082

364 3382 bel indien hulle uitgespoelde pikkewyne gewaar. Saprec is ook dringend opsoek na ou handdoeke om die jongspan te versorg. Minstens sewe uitgespoelde pikkewyne is die afgelope twee weke op strande gevind.

Smart bedien die gebied van Gouritsmond, buite Mosselbaai, tot by Wildernis, buite George. Mense kan Smart by 072 227 4715 bel.

Meer oor:  Omgewing  |  Walvis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.