Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Walvis spoel uit by Strand
Talle strandgangers het Vrydag na die Strand gestroom waar ’n boggelrugwalvis uitgespoel het. Foto: Natalie Gabriels Photography

Die karkas van ’n boggelrugwalvis het Vrydagmiddag aan die westekant van die Lourensrivier in Paardevlei naby die Strand uitgespoel.

Gregg Oelofse, hoof van die Kaapse metroraad se omgewingsbeleid en strategie, sê hulle het vroeër dié dag gehoor die walvisbul van sowat 15 m lank het daar uitgespoel. Hulle weet nog nie wat die oorsaak van sy dood is nie.

Dié strand waar die karkas uitgespoel het, is nie ’n swemstrand nie en is sowat 10 km van die woongebiede.

“ ’n Span is op die toneel om te kyk of die karkas beweeg moet word of nie,” het Oelofse Vrydag omstreeks 16:00 gesê.

Oelofse het later in ’n verklaring gesê die karkas sal Saterdagoggend verwyder word wanneer die gety laag is.

“Sodra die toerusting en masjiene Saterdag daar aankom, sal die strandgebied gesluit word vir die publiek.

“Lede van die publiek word versoek om dié gebied te vermy totdat die operasie teen Saterdagoggend laat afgehandel is,” sê hy.

Hy het ook gewaarsku dat die onaangename reuk nog ’n tydjie in die omgewing sal bly selfs nadat die karkas verwyder is.

Intussen het nuuskieriges gestroom om te kom kyk na die dooie dier. ’n Paar dapper kinders het dit selfs baie naby gewaag, terwyl die ander versigtig op die sand bly staan het.

Meer oor:  Lourensrivier  |  Strand  |  Walvis  |  Boggelrugwalvis  |  Uitspoel Karkas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.