Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Walvis wat by Wildernis uitspoel, het dalk verdrink

’n Walvis wat Maandag op die strand by Wildernis in die Suid-Kaap gevind is, het moontlik verdrink.

Die walviskarkas Maandag op die strand by Wildernis. Foto: Oceans Research

Oceans Research, ’n onafhanklike navorsingsinstituut in Mosselbaai, meen die karkas is moontlik dié van ’n dwerg- (Kogia sima) of pigmee-spermwalvis (Kogia breviceps).

Die Mosselbaai Strandingsnetwerk is Maandag in kennis gestel van die walvis se karkas op die strand.

Daar was kneusplekke op die walvis se lyf en skuim het by die blaasgat uitgekom. Dit dui moontlik daarop dat die walvis verdrink het, sê Oceans Research in ’n verklaring op sy Facebookblad.

Die walviskoei was 1,93 m lank. Oceans Research en die Orca-stigting het afmetings en foto’s geneem. Verskeie weefselmonsters is geneem op versoek van die Port Elizabeth-museum by Bayworld. Die volledige skedel word ook op hul versoek aangestuur.

Dit is die tweede voorval binne 30 dae waarby ’n walvis van die Kogia-spesies betrokke is, sê Oceans Research. Op 13 September is die Mosselbaai Strandingnetwerk verwittig van ’n pigmee-spermwalvis wat by die Springerbaai-eko-kuslandgoed in Mosselbaai uitgespoel het. Ná mislukte pogings om die walvis terug in die see te kry, het die departement van omgewingsake, bosbou en visserye besluit om die dier van kant te maak.

Volgens Oceans Research hou die voorvalle moontlik verband met die walvisse se paartyd wat van April tot September is. Die skuim by die blaasgat is ’n moontlike teken dat water die blaasgat binnegekom en veroorsaak het dat die walvis verdrink het.

Dit kan gebeur as die walvis in vlak water gestrand is, maar die water nogtans diep genoeg om die blaasgat te bedek.

Meer oor:  Wildernis  |  Walvis  |  Verdrink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.