Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Walvishaai spoel uit in Kommetjie
Die NSRI besig om die karkas van die walvishaai uit die see te haal.Foto: Verskaf

’n Walvishaai van sowat 5 m het Maandag op die strand in Kommetjie in die Wes-Kaap uitgespoel.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Kommetjie sê hulle het Maandag omstreeks 11:00 oproepe gekry van mense oor die walvishaai, wat toe glo nog lewend was.

“Ons het ’n NSRI-voertuig uitgestuur en ook die Kaapstad-metroraad se netwerk vir gestrande seediere verwittig.”

Die NSRI sê die walvishaai was vrek toe hulle op die toneel opdaag.

“Dit lyk asof die dier moontlik deur ’n boot getref is.”

Die NSRI het die karkas strand toe geneem, waarna die Kaapstad-metro die karkas na die Universiteit van Kaapstad geneem het om dit in samewerking met die departement van omgewingsake te ondersoek.

Meer oor:  Nsri  |  Kommetjie  |  Uitgebrand  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.