Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Warm naweek in W-Kaap verwag, met donderweer in O-Kaap

Matige tot warm weer word die naweek oor die Wes-Kaap verwag, met reën teen Sondag en donderbuie wat in die Oos-Kaap kan voorkom.

Vir Donderdag word koel, maar sonnig tot gedeeltelik bewolkte weer oor die grootste deel van die Wes-Kaap voorspel, met ’n 30%-kans op motreën in die Suid-Kaap en die Klein-Karoo.

In Kaapstad word ’n maksimum van 23 °C verwag en in George 22 °C.

In die Oos-Kaap word koel, bewolkte weer verwag met ’n 30%- tot 60%-kans op reën.

’n Maksimum van 24 °C word vir Port Elizabeth voorspel en ’n suidwestewind van tot 40 km/h.

Teen Vrydag word koel, gedeeltelik bewolkte weer oor die Wes-Kaap verwag, met suidoostewind van tot 30 km/h in Kaapstad en George.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 24 °C voorspel met 23 °C vir George.

In die Oos-Kaap word koel, bewolkte weer en reën oor die grootste deel van die provinsie verwag.

’n Maksimum van 22 °C word vir Port Elizabeth voorspel.

Saterdag word sonnige en warm tot baie warm weer aan die Weskus en dele van Kaapse Wynlande en Karoo verwag, met bewolkte weer oor die Suid-Kaap.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 30 °C voorspel en ’n suidoostewind van tot 20 km/h. Vir George word ’n maksimum van 29 °C verwag en gedeeltelik bewolkte weer.

In die Oos-Kaap word warm, bewolkte weer verwag met ’n 30%-kans op donderweer en reën oor groot dele van die provinsie.

’n Maksimum van 26 °C word vir Port Elizabeth voorspel en ’n oostewind van tot 30 km/h.

Teen Sondag word koeler, gedeeltelik bewolkte weer oor die grootste dele van die Wes-Kaap verwag, met ’n 30%-kans op reën in dele van die Suid-Kaap, die Overberg en die Karoo.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 26 °C voorspel met 29 °C vir George.

Die kwik kan egter tot 35 °C in Beaufort-Wes en Oudtshoorn styg.

In die Oos-Kaap word warm, bewolkte weer verwag met verspreide donderbuie oor die binneland en die oostelike dele.

’n Maksimum van 28 °C word vir Port Elizabeth voorspel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.