Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Warmer somer met minder reën verwag

Bonormale warm somertemperature is Suid-Afrikaners se voorland met ondergemiddelde reënval, terwyl groot dele van die land in die wurggreep van ’n droogte is.

So sê Hannelee Doubell, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

Ter illustrasie.Foto: Facebook

Sy sê in ’n nuusverklaring die begin van die 2019-’20- somerreënvalseisoen word gekenmerk deur groot dele van die land wat uiterste droogtetoestande beleef. Spesifieke droogtegeteisterde gebiede is Limpopo, KwaZulu-Natal, Noordwes, Mpumalanga, die Oos-Kaap en Noord-Kaap. Dié droogtegeteisterde gebiede brei noordwaarts uit na die meeste van die Suider-Afrika-streek.

Sy sê die reënvoorspelling vir die vroeë somermaande (November, Desember en Januarie) dui op ’n sterk moontlikheid van ondergemiddelde reënval oor die verre oostelike gedeeltes van die land, wyl bonormale reënval ’n groter moontlikheid is vir die westelike en sentrale gedeeltes van die land.

Vir Desember, Januarie en Februarie is die aanduidings dat die reënval ondergemiddeld sal wees. Terselfdertyd word warmer weer met hoë temperature die somer verwag.

Voorspellings van ander weervoorspellingsentrums vir die somerseisoen dui selfs op groter en meer wydverspreide moontlikhede van ondernormale reënval en bonormale hoë temperature in die middelsomer.

Doubell sê reën sal laat vanjaar val en dus is die reënvalsyfers vir September en Oktober ondergemiddeld.

Die eerste noemenswaardige reën vir die somer het eers aan die begin van November geval.

Sy sê hoewel voorspel word dat die El Niño Suidelike Ossillasie (Enso) in die somerseisoen in ’n neutrale staat sal bly, sal dit waarskynlik eerder ’n warm as ’n koel neutrale staat wees.

Dit is duidelik dat Afrika se suidelike boere, waterbestuurders en regeringsinstellings sal moet voorberei vir die moontlikheid van ondergemiddelde reënval en bo-gemiddelde temperature, sê sy.

Verder is die grondvog laag om aanplanting genoegsaam te help en groei te stimuleer.

Indien die toestande voortduur, gaan dit ’n invloed op grondvog, die beskikbaarheid van water vir besproeiing en ’n toename aan hittestres onder vee hê.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Reënval  |  Weer  |  Somer  |  Warmer Somer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.