Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Water van vol damme na metro herlei

Die Nelson Mandelabaai-metro het die herleiding van water vanaf die vol Gariep- en Vanderkloofdam na die stad se waterstelsel verwelkom.

Die departement van water en sanitasie het Vrydag gesê die metro kan só baat vind by die milde reën wat onlangs in die noorde van die land uitgesak het.

Volgens die departement gaan die water deur die Oranje-Vis-tonnel, wat oor sowat 82 km strek, herlei word.

Nelson Mandelabaai se gekombineerde damvlakke is net bo 18%. Die Kougadam is op 8%, Impofu 17%, Kromrivier 50,5%, Loerie 68,6% en die Groendaldam op 39,2%.

Die gesamentlike waterverbruik in die metro is daagliks tussen 280 en 300 megaliter. Dit oorskry die 250 megaliter soos voorgeskryf deur die waterbeperkings.

Masixole Zinto, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese, sê die water kom na die Nooitgedacht-waterskema aan die ooste van die stad en word dan na die westelike dele gepomp wat die ergste deur die nypende droogte geraak word.

“Die droogte raak nie net waterverskaffing aan inwoners nie, maar het ook ’n negatiewe impak op die stad se kwynende ekonomie.

“Dit is ’n voorkeursaak om die watervlak so vinnig as moontlik reg te stel. Hoewel ek nog nie tevrede is met die spoed waarteen dit gebeur nie, is daar reeds ’n groot verbetering.”

Zinto het inwoners gemaan om steeds water by die huis, by skole en in openbare areas te bespaar.

Die was van motors met tuinslange word verbied en inwoners word aangemoedig om water te herwin vir besproeiing.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai  |  Droogte  |  Water  |  Damvlakke  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.