Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Weerdiens maan oor tropiese storm Eloise

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag ernstige oranje en geel waarskuwings vir Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal uitgereik oor die hewige tropiese storm Eloise.

Eloise, wat Vrydagoggend naby die kus van Mosambiek gewoed het, sal na verwagting Vrydag omstreeks 20:00 naby Beira in die land aan wal kom.

Mbavhi Maliage, meteoroloog van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Pretoria, sê Eloise sal in so ’n mate versterk dat dit teen die tyd dat dit Mosambiek tref, as ’n tropiese sikloon geklassifiseer sal word.

“Mosambiekers gaan hulle op stormsterk winde van ongeveer 160 km/h naby die oog van die storm moet voorberei,” sê Maliage.

Eloise sal Saterdagoggend vroeg ’n binnelandse laagdrukgebied vorm.

Dit sal Saterdag na die suidoostelike dele van Zimbabwe beweeg en verspreide buie en donderstorms sal oor die oostelike dele van Limpopo voorkom.

Die binnelandse laagdrukgebied sal Sondagoggend tussen 01:00 en 02:00 die grens van Limpopo en Zimbabwe bereik, wat swaar neerslae tot gevolg sal hê. Dit sal na verwagting tot Maandag voortduur en kan tot vloede lei.

Die weerdiens het ’n waarskuwing aan die noordelike en oostelike gebiede van Limpopo, die oostelike dele van Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal uitgereik en sê inwoners moet hulle op stormsterk windtoestande, swaar reënval en vloede voorberei.

Hewige windtoestande sal in die gebiede naaste aan die laagdrukstelsel, veral in die Vhembe-distrik, voorkom.

“Aangesien die grond reeds as gevolg van die aanhoudende reën van die afgelope weke versadig is, sal bome baie maklik ontwortel word en laekostebehuising, soos modderhuise, nadelig raak,” sê Maliage.

Die Krugerwildtuin het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het waarskuwings van die weerdiens ontvang dat dele in die verre noorde deur die swaar reën beïnvloed sal word.

Die park sê sy rampbestuurspanne en eksterne nooddienste is gereed en monitor Eloise en die roete wat dit volg.

“Ons wetenskaplikes, in samewerking met die weerdiens, monitor Eloise deeglik en sal dadelik waarskuwings en aanbevelings aan besoekers uitreik indien dit nodig is om te ontruim,” sê Gareth Coleman, besturende direkteur van Krugerwildtuin.

Aangesien die grond reeds as gevolg van die aanhoudende reën van die afgelope weke versadig is, sal bome baie maklik ontwortel word en laekostebehuising, soos modderhuise, nadelig raak.

“As voorsorgmaatreël het ons al die grondpaaie en sommige geriewe in die Pafuri-omgewing gesluit ná swaar reën wat Woensdagaand oor die park uitgesak het.”

Sanparke sê hy adviseer besoekers met besprekings by kampe in die verre noorde, soos die Sirheni-, Shimuwini- en die Bateleur-bosveldkamp, en ook Sable Hide, dat hulle by die Letaba-, Mopani-, Shingwedzi- en Punda Maria-ruskamp geakkommodeer kan word.

“Noodspanne is in die park gereed om die situasie te monitor en sal geaktiveer word as daar gevaar is. Ons doen ’n beroep op toeriste om gedurende hierdie tydperk ekstra versigtig te wees en ons noodnommer vir enige hulp slegs by 076 801 9679 of 013 735 0197/4064 te skakel,” sê Coleman.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ernstige oranje en geel waarskuwings oor die hewige tropiese storm Eloise uitgereik. Foto: Suid-Afrikaanse Weerdiens

??????AFRICA: DEVESTATING FIRST PICTURES OUT OF MOZAMBIQUE from Mercy Air chopper, before even intensifying CYCLONE ELOISE...

Posted by Gauteng Weather on Friday, 22 January 2021

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.