Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Weerdiens waarsku oor kitsvloede in Mangaung-metro

Inwoners van die Mangaung-metro word gevra om veral op die paaie versigtig te wees nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n waarskuwing vir die moontlikheid van kitsvloede van Woensdag tot Vrydag uitgereik het.

Volgens Qondile Khedama, kommunikasiehoof van die metro, kan kitsvloede in veral laagliggende gebiede, op paaie en in informele nedersettings voorkom.

Alle padverbruikers word dus gevra om ekstra versigtig te wees; om spoed te verminder en hul hoofligte aan te skakel.

Bloemspruit-kanaal
Die Bloemspruit-kanaal wat deur Bloemfontein vloei was ná 'n kitsvloed in 2019 vol. Foto: Elna Lush/Reënval in SA

“Dit is veral gevaarlik op die paaie omdat sigbaarheid belemmer kan word.”

“Sou iemand in sy voertuig vasgekeer word, moet hy of sy die voertuig liewer verlaat en te voet na ’n hoërliggende gebied gaan.”

Voetgangers moet ook versigtig wees as hulle paaie en strate oorsteek.

As voorsorgmaatreël moet inwoners probeer tuisbly, lui ’n verklaring van die metro.

“Inwoners word gevra om paaie of aflei-vore op hul erwe skoon te maak sodat die water kan wegloop. Diegene in geboue moet waardevolle items tot bo die verwagte vloedlyn skuif.”

Volgens Khedama word ernstige skade aan gewasse verwag.

inkopiesentrum
Die foto van die Mimosa Mall-inkopiesentrum in Bloemfontein is in 2019 geneem ná 'n kitsvloed. Foto: Elna Lush/Reënval in SA

Mense moet wegbly van riviere en strome wat opstoot en dit vermy om deur riviere en strome te loop waarvan die watervlak enkeldiepte is.

Khedama sê die rampbestuurspan van die metro, waaronder die brand-en-reddingsdienste, afdeling vir paaie, stormwater en verkeer, asook Centlec is tans op ’n hoë gereedheidsgrondslag. Die metro se spanne werk nou saam die Rooi Kruis en die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid indien mense noodleniging of skuiling benodig.

Mense wat in nood verkeer, kan die Mangaung-brandweer by 051 406 6666, 051 409 9600 of 107 (tolvry) en die ambulansdiens by 10177 skakel. Hulle kan ook die streekhoofbestuurder in hul omgewing skakel. In Botshabelo is dit Tshoeute Mafutle (082 418 5859) en in Thaba Nchu Pascalina Thakheli (064 526 5194).

Meer oor:  Weerdiens  |  Mangaung-Metro  |  Oorstromings  |  Kitsvloede  |  Vloede  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.