Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Weerdiens waarsku teen swaar reën, vloede die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag ’n waarskuwing uitgereik dat swaar reën en vloede Saterdag en Sondag oor die sentrale en oostelike dele van die land kan voorkom.

Gebiede waar vloede Saterdag kan voorkom, sluit die verre suidelike dele van Limpopo, Gauteng, die oostelike dele van die Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal in. Swaar reën kan ook Sondag tot grootskaalse vloede in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en die noordelike dele van KwaZulu-Natal lei.

Inwoners word aangeraai om voorkomingsmaatreëls te tref, veral diegene wat in laagwatergebiede woon.

Motoriste moet versigtig bestuur omdat die paaie nat sal wees en nie probeer om laagwaterbrûe oor te steek nie. Die swaar reën sal dam- en riviervlakke laat styg. Rampbestuurspanne in die onderskeie provinsies is op ’n gereedheidsgrondslag geplaas om enige voorvalle weens die swaar reën te hanteer.

Meer oor:  Weerdiens  |  Vloede  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.