Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Weerhaan: Eindelik het ons weer ’n ware Kaap van Storms

Die winter haal ons uiteindelik in, maar eers baie laat die naweek.

Ondanks ’n prosessie van storms wat onder die land verby bulder ’n dag nadat ’n swak front gister verby beweeg het, beleef ons nie eintlik ’n behoorlike winter totdat ’n groot front ons Maandag in die vroeë oggendure klap nie.

Die Kaap van Storms. Foto: carrentalcapetown.co.za ~

Dié front en gepaardgaande storm sal die eerste behoorlike reën van die seisoen bring – en die eerste werklike bewys dat ons darem in of naby die Kaap van Storms woon.

Maar tot dan is dit nog sonnige weer en matige winde.

Maar ons weet darem dis wel winter aan die hand van ’n paar dinge: Die dae begin met temperature nie te ver bo vriespunt nie, veral in die berge; die maksimum temperature is nie baie hoër as ’n matige 20 °C nie; en daar is ’n byna eindelose aanbod van wintergolwe.

Vandag verdamp ’n bietjie oorskietwolke oor die Suid-Kaap om nog ’n mooi dag te onthul wat sonder ’n sweempie wind begin.

Stellenbosch, byvoorbeeld, begin op ’n kouerige 9 °C, maar in Sutherland daal die kwik tot 6 °C. Aan die kus is dit heelwat warmer (Kaapstad begin by 15 °C) en die maksimum temperatuur is rondom 20 °C, hoewel nie veel warmer as dit nie, selfs nie in droër streke nie.

Langs die kus in en om Kaapstad en langs die Weskus word die winde vars tot matig noordwes, terwyl ’n matige westewind tussen Hermanus en Agulhas waai. Verder oos in die rigting van Kaap St. Francis draai die lig tot ’n matige suidsuidoos.

Môre begin koel en helder (behalwe vir vroeë wolke oor dele van die Skiereiland en die kuslyn tot by Bettysbaai). In die binneland begin die dag op 6 °C en langs die kus op 14 °C.

Een van daai storms wat verby bulder, bring ligte noordwestelike tot westelike winde wat later matig tot vars word.

In die binneland bly die weer sonnig en meestal rustig, met ’n vars noordwestelike wind wat oor die noordelike dele van die Wes-Kaap waai. Die maksimum temperatuur vir Saterdag styg tot 18 °C aan die kus en tot 24 °C in die binneland.

Dit klink alles gerusstellend kalm en rustig, maar maak jouself maar reg vir onstuimige weer vroeg volgende week.

’n Gróót storm, wat bestaan uit twee “stukke”, kruip ál nader, hoewel jy dit nie Sondag sal kan sê nie.

Die dag begin koud (6 °C in die binneland en 15 °C aan die kus) en warm mooi op (tot onderskeidelik 25 °C en 20 °C).

Die weer Sondag is helder en rustig, behalwe vir ’n strook wolke en ligte reënbuie reg oor die Suidwes-Kaap vanaf Saldanha tot net-net by Agulhas, insluitend die Kaapse Skiereiland en die Wynland. Vars noordwestelike winde waai aan die kus.

Steve Pike
Steve Pike

Sondag is net die voorspel, die lusmakertjie as jy wil, want die winterhoofgereg kom Sondag laat tot Maandag.

Sondagaand laat begin die kuswinde pomp, en teen rondom 02:00 Maandag tref swaar reën Kaapstad. Dit versprei ooswaarts, met goeie reënval in die damme se opvanggebiede.

Teen die tyd dat jy Maandagoggend vroeg wakker word, loei die stormwinde al behoorlik en teister ’n reusagtige deining van rondom 40 voet (sowat 12 meter) die kusgebied.

Die see sal vol onbeskofte golwe van verskillende groottes wees, deurmekaar gewaai deur die storm. Uiteindelik het ons weer ’n ware Kaap van Storms.

  • Pike is direkteur van Wave-scape Media (www.wavescape. co.za).
Meer oor:  Steve Pike  |  Weerhaan  |  Weerkantoor  |  Weer In Jou Streek  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.