Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Welpies, lemur en vlermuisie by sentrum in Oudtshoorn

Sedert die begin van die somer was die ooievaar besonder bedrywig by die Cango Wildlife Ranch-wildbesigtigingsentrum in Oudtshoorn in die Klein Karoo.

Die nuwelinge wat sedert Oktober daar gebore is, sluit in vyf jagluiperdwelpies, ’n bruin lemur, kolgansies en ’n vrugtevlermuisie.

Die jagluiperdwelpies Thandi, Topas, T’Challa, Troy en Thane by die Cango Wildlife Ranch-wildbesigtigingsentrum in Oudtshoorn. Foto: Cango Wildlife Ranch

Volgens Mare-Lize Warrington, ’n woordvoerder van die sentrum, is die welpies op 20 Oktober gebore in die Jill Bryden-jagluiperdreservaat wat deel van die sentrum is.

Dit gaan voor die wind met die welpies en hul ouers, Pippa en Parker, en almal is perdfris en gesond, sê Warrington.

Thor, nog ’n jagluiperdwelpie by die sentrum wat ’n maand ouer is, gaan nou aan die nuwe luiperdgesin bekend gestel word in die hoop dat hy deel daarvan kan word. Foto: Cango Wildlife Ranch
Die bruin lemur-ma en -baba. Foto: Cango Wildlife Ranch

Volgens inligting van die sentrum is daar minder as 71 000 jagluiperds in die natuur oor. Die sentrum het ten doel om die spesie van uitsterwing te red en die genetiese diversiteit van die jagluiperd te versterk. Die sentrum is sedert 1986 betrokke by die teel van jagluiperds.

Volgens Warrington is die welpies Thandi, Topas, T’Challa, Troy en Thane gedoop. Daar word nou gepoog om Thor, ’n ander welpie by die sentrum wat ’n maand ouer is, deel te maak van die familie.

Mense wat die Valley of Ancients besoek en mooi kyk, sal die klein vlermuisie sien vasklou aan sy ma, sê Warrington.

Op pad na Cheetahland sal besoekers die lemur sien. Dit is nog nie bekend wat die kleintjie se geslag is nie.

Die bruin lemur-baba van naderby.Foto: Cango Wildlife Ranch
’n Vrugtevlermuis en haar kleintjie by die Cango Wildlife Ranch-wildbesigtigingsentrum in Oudtshoorn. Foto: Cango Wildlife Ranch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.