Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Wes-Kaap se gemiddelde damvlak styg tot net meer as 65%

Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak het teen Maandag tot net meer as 65% gestyg. Dit is heelwat meer as dié tyd verlede jaar.

Die afgelope week het die damvlak van 64,4% tot 65,7% toegeneem, teenoor 53,5% oor dieselfde tydperk in 2018.

Daarby het die gemiddelde vlak van Kaapstad se damstelsel van 80,2% tot 81,4% gestyg. Dit het dié tyd verlede jaar op 59,7% gestaan.

Volgens die Kaapstad-metroraad het die gesamentlike waterverbruik in die voorafgaande week met 105 miljoen liter (megaliter) tot 503 megaliter per dag afgeneem.

damvlakke

Onder die waterbeperkings wat geld, is die mikpunt vir verbruik minder as 650 megaliter per dag.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, het van 70,3% tot 71,5% gestyg, terwyl dit verlede jaar dié tyd net 43,9% vol was.

Die Theewaterskloofdam naby Villiersdorp se vlak het teen Maandag tot 71,5% gestyg. Dit het verlede jaar dié tyd op 43,9% gestaan. Dit is die grootste opgaardam in die Wes-Kaap. Foto: Jaco Marais

Die Benede-Steenbrasdam se vlak het van 98,8% tot 100,8% gestyg en die Voëlvleidam se vlak van 83,6% tot 86,1%.

By die Bergrivierdam is 8,7 mm reën oor die voorafgaande sewe dae gemeet en die vlak het van 101,1% tot 100,1% gedaal.

Die Wemmershoekdam se vlak het van 85,2% tot 87,5% gestyg.

Die Voëlvleidam, tussen Gouda en Wellington, se vlak het die afgelope week van 83,6% tot 86,1% gestyg. Foto: Samuel Walters

In die noordweste van die provinsie het die Clanwilliamdam se vlak van 97,8% tot 98,8% gestyg en is dit net-net voller as verlede jaar dié tyd, toe dit op 98,5% gestaan het.

In die Karoo is geen reën by die opgaardamme in die voorafgaande sewe dae gemeet nie en het die damvlakke verder gedaal.

Die Gamkadam naby Beaufort-Wes se vlak het effens gedaal tot 39,2% en die Floriskraaldam naby Laingsburg se vlak tot 15,4%.

Die Gamkapoortdam, naby Prins Albert, se vlak het van 21,8% tot 18,8% afgeneem. Die Gamkapoort- en Gamkadam was dié tyd verlede jaar leeg.

Die Calitzdorpdam se vlak het ook gedaal van 16,2% tot 13,9%. Dit is effens voller as verlede jaar toe die vlak op 12,6% gestaan het.

In Oudtshoorn se omgewing staan die Kammanassiedam se vlak op 2,1% en die Stompdriftdam op 7,7%.

Die Leeu-Gamkadam se vlak staan op net 0,19%. Dit was verlede jaar dié tyd 6,8%.

In die Suid-Kaap is reënval grootliks onder 2 mm oor die voorafgaande sewe dae gemeet en het die damvlakke aansienlike dalings getoon.

Die Ernest Robertson-dam naby George se vlak het van 90,9% tot 86,3% afgeneem en die Tuinroetedam, buite George, van 71,5% tot 70,2%.

Daarby het die Wolwedansdam, naby Mosselbaai, se vlak van 60,6% tot 59,4% gedaal en die Roodefonteindam, naby Plettenbergbaai, se vlak van 90,1% tot 89,1%.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Damvlakke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.