SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Omgewing
Wes-Kaap: Swaar reën Vrydag en ’n koel, nat naweek

Swaar reën word Vrydag oor die Suidwes-Kaap verwag, met nog reën en koel weer tot Sondag oor groot dele van die Wes-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook gewaarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Donderdag op plekke in die Sentraal-Karoo en die Hantam- en Khai-Ma-munisipaliteit in die Noord-Kaap, sowel as in die Dr. Beyers Naude-, Blue Crane Route-, Matatiele-munisipaliteit en die Chris Hani- en Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap.


Vrydag kan swaar reën tot oorstromings in die Kaapse metropool, die suidweste van die Kaapse wynland en die weste van die Overberg-distrik lei.

Sterk noordwestewinde van 50 km/h tot 55 km/h word oor die Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap en die Karoo se Hoogland-munisipaliteit in die Noord-Kaap verwag.

In Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Langebaan, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas word ’n 80%-kans op reën verwag, met buie teen die middag.

In Worcester, Ceres, Clanwilliam, Redelinghuys en Riversdal is daar ook ’n 60%-kans op reënbuie.

Maksimum temperature van onder 20°C word oor die grootste deel van die provinsie verwag, met 18 °C in Kaapstad en 19 °C in George.

In George, Mosselbaai, Vredendal, Oudtshoorn en Plettenbergbaai is daar ’n 30%-kans op buie, sowel as ’n 30%-kans op reën in Calvinia en Sutherland in die Noord-Kaap en ’n 30%-kans op buie in Joubertina in die Oos-Kaap.


Teen Saterdag is daar ’n 30%-kans op buie oor die grootste deel van die Wes-Kaap en dele van die Oos-Kaap.

Maksimum temperature van 20 °C en laer word in die Suidwes-Kaap verwag, met temperature van tussen 20 °C en 25 °C aan die Weskus en in die Karoo en die Suid-Kaap.

Vir Kaapstad word ’n maksimum temperatuur van 20 °C verwag, met 21 °C vir George.

In Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred en Joubertina is daar ook ’n 30%-kans op buie.

Donker reënwolke hang oor die Theewaterskloofdam, tussen Villiersdorp en Grabouw, in die Wes-Kaap.Foto: Jaco Marais

Sondag is daar ’n 60%-kans op reën in Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Hermanus en Grabouw, met ’n noordwestewind van tot 40 km/h.

In Vredendal en Clanwilliam is daar ’n 30%-kans op motreën en in Langebaan, Redelinghuys en Kaap Agulhas is daar ’n 30%-kans op reën.

Gedeeltelik bewolkte weer word oor die res van die provinsie verwag, met maksimum temperature van 20 °C en laer in die Suidwes-Kaap en aan die Weskus.

In die Suid-Kaap en die Karoo kan die kwik tot bo 20 °C styg, tot 25 °C in Riversdal en tot 27 °C in Beaufort-Wes en Oudtshoorn.

In Beaufort-Wes kan die westewind 40 km/h bereik, met ’n suidwestewind van tot 30 km/h in Oudtshoorn.


Meer oor:  Theewaterskloofdam  |  Reën  |  Droogte  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.