Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Weskus-rotskreef mag op dié dae uitgehaal word
Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye.

Die toelaatbare vangste vir die Weskus-rotskreef-seisoen en die seisoen vir mense wat vir ontspanning hengel, is deur die departement van omgewing, bosbou en visserye bekendgemaak.

’n Vangs van altesaam 837 ton is vasgestel vir die 2020-’21-visvangseisoen, lui ’n verklaring van die departement.

Dit is 22,8% laer as die 1 084 ton van die 2019-’20-seisoen.

Die departement sal soos vorige jare probeer om daaglikse limiete en die aantal visvangdae te beperk. Die kommersiële en kleinskaal-visvangsektore kan vir vier maande visvang in verskeie sones, elk met begin- en einddatums.

Weskus-rotskreef-visvang is beperk tot 12 spesifieke dae tussen 28 November 2020 en 3 April 2021: Op 28 en 29 November; 12 en 13 Desember; 26 en 27 Desember; 1 en 2 Januarie; 9 en 10 Januarie; en 2 en 3 April.

Permitte sal slegs uitgereik word aan mense ouer as 12. Dit kos R94 en kan by die poskantoor aangekoop word. Die permit is geldig vir die hele seisoen.

Niemand sonder ’n permit mag hul vangste verkoop nie. Enige kreef wat gevang, uitgehaal of vervoer word, moet heel gehou word. ’n Kennisgewing oor die seisoen sal ook in die Staatskoerant gepubliseer word.

Meer oor:  Weskus  |  Natuurbewaring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.