SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Omgewing
Wildvanger glo geskors ná binnegeveg oor ‘gratis wild’

’n Wildvanger is glo "geskors" ná 'n binnegeveg in 'n Vrystaatse regeringsdepartement oor diie skenk van R6 miljoen se wild aan opkomende swart wildboere.

Kgotso Tau, woordvoerder van Destea. Foto: Facebook

Die “f-woord” het glo ook gevlieg toe die wildvanger wou weet of Elzabé Rockman, Vrystaatse LUR vir finansies, ook toestemming gegee het dat die wild gevang en aan die ontwikkelingsboere geskenk mag word. Rockman is in Amerika en Oupa Khoabane, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), neem in haar portefeulje waar.

Kgotso Tau, woordvoerder van Vrystaatse departement van ekonomiese sake, kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake (Destea), sê die skenking van die 1 520 stuks wild aan opkomende wildboere is ’n goedgekeurde regeringsprogram met die doel om die wildbedryf te transformeer.

“Dit voldoen aan alle administratiewe, prosedurele en wetlike vereistes.”

Hy sê hy is nie bewus daarvan dat iemand “geskors” is nie. “Net die departementshoof kan iemand skors en daar moet goeie redes daarvoor wees. As iemand kru taal gebruik, is daar natuurlik prosesse wat gevolg kan word.”

Tau sê dit kan wees dat die personeellid net uit ’n kantoor verjaag is en gevra is om nie weer wild te vang nie.

Op die vraag of dit waar is dat dit R6 miljoen se wild is wat weggegee gaan word, sê hy “terwyl die totale waarde van die wild vir jul publikasie belangrik mag wees, val die klem vir die Vrystaatse regering op die sukses van die program. Hoe dit ’n bydrae sal lewer tot die breër wildekonomie in die Vrystaat.

“Ons glo dat dit ’n stap in die regte rigting is.”

Die wild sal uitgedeel word sodra die ontvangers aan die nodige vereistes voldoen het.

Tau sê die kopers van wild op ’n veiling in die Willem Pretorius-natuurreservaat van die departement in April vanjaar, sal hul wild kry.

Net die departementshoof kan iemand skors en dit moet oor goeie redes wees. As iemand kru taal gebruik is daar natuurlik prosesse wat gevolg kan word.

Op ’n vraag of Rockman ook moes geteken het dat die wild geskenk mag word, sê hy die program is reeds deur die regering goedgekeur.

Na verneem word het die binnegeveg juis daaroor gegaan dat een van die wildvangers geweier het om die wild in die natuurreservate te gaan vang voordat hy die handtekening van Rockman gesien het.

Hy is volgens personeellede wat anoniem wil bly, toe deur ’n direkteur by Destea “geskors” en mag hy nie meer wild vang nie.

Op ’n vraag oor hoekom daar in 2016 ook wild geskenk is aan Sandile Msibi, destyds hoof van die departement polisie, paaie en vervoer en sedertdien oorlede, vra Tau ’n teenvraag: “Wanneer en hoe het Msibi wild gekry?”

Netwerk24 het afskrifte van die dokumente van die Vrystaatse wetgewer oor wie watter wildsoorte in 2016 gekry het.

Tau sê hy wil ook graag weet hoekom daar gedink word dat Mafani Dasheka, ’n Vrystaatse sakeman, en Sipho Dube, die eienaar van ’n begrafnisonderneming in Bloemfontein wat ook ’n wildlodge in Smithfield besit en wat in 2016 wild gekry het, van die skenkings uitgesluit moes word.

Tau sê die vereiste om vir die program te kwalifiseer, is nie “arm” nie, maar “opkomende wildboere”.

Meer oor:  Vrystaat  |  Wild  |  Opkomende Boere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.