Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Witrenoster wat kopskoot in 2015 oorleef, gestroop

Waarskuwing: Foto kan sensitiewe lesers ontstel.

’n Witrenoster is die naweek op die uBhetyan-O-Africa-wildplaas buite Middelburg in Mpumalanga vir sy horings doodgemaak.

Volgens Deon Cornelius, eienaar van die wildplaas, is Ubhet, een van sy teelbulle, vermoedelik Saterdag vir sy horings doodgemaak.

“Die stropers het ’n 3.75-jaggeweer gebruik. Ons het dadelik die polisie in kennis gestel. Die omgewing waar die stroping gebeur het, is ruig en bemoeilik die soektog na leidrade. Die stropers moes te voet gevlug het,” sê Cornelius.

Ubhet, ’n witrenoster, is vermoedelik Saterdag op die uBhetyan-O-Africa-wildplaas buite Middelburg in Mpumalanga deur stropers afgemaai.

“Nie net was Ubhet ’n pragbul nie, maar hy het in 2015 ’n stroping oorleef toe hy in die kop geskiet is. Hy het toe oorleef. Hy was sedert 2009 op die plaas en het ses kalwers gelewer. Ek wou hom toe onthoring, maar het daarteen besluit. Dis hartverskeurend.

“Ek is die laaste tyd nie bewus van ’n toename in renosterstropery nie. Ek hoop nie daar is nou ’n styging nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om die afmaai van renosters te beperk.”

Ubhet (voor) was sedert 2009 op die wildplaas.
Meer oor:  Mpumalanga  |  Oorleef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.