Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Yoshi swem meer as 38 000 km tot by Australië
Yoshi die seeskilpad. Foto: Jean Tresfon

Yoshi, die karetskilpad van Suid-Afrika, het die oë laat rek deur 38 898 km in 860 dae af te lê, ’n gemiddelde van 45 km per dag.

“Sy vaar baie goed en geniet haarself langs die Wes-Australiese kus,” lui ’n verklaring van die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad wat 20 jaar haar tuiste was.

Dr. Scott Whiting van Wes-Australië se departement van biodiversiteit, bewaring en attraksies, volg Yoshi se reis in Australië en het bewaarders van haar teenwoordigheid ingelig.

“Yoshi handhaaf ’n goeie afstand van mense, maar sy is in ’n gebied waar vier ander seeskilpadspesies voorkom,” lui die verklaring.

yoshi, seeskilpad, swemtog
Ons wonder elke dag waarheen Yoshi volgende gaan.

“Australië is die tuiste van ses van die sewe spesies en hulle is van groot kulturele, geestelike en ekonomiese belang vir die inheemse groepe langs die kus. Alle seeskilpaaie word in Australië beskerm.”

Volgens die akwarium is Yoshi beslis die wêreld se beroemdste diere-reisiger.

“Ons wonder elke dag waarheen Yoshi volgende gaan. Die broeiseisoen in die Suidelike Halfrond is verby, maar dit is moontlik dat sy teen die einde van die jaar na Queensland, Australië, sal swem vir die volgende broeiseisoen.

“Of sy kan net die pragtige en veilige Australiese kuslyn verder ontdek. Miskien sal sy soos die beroemde grootwithaai, Nicole, na Suid-Afrika terugkeer.”

Voor Yoshi se vrylating in Desember 2017 was die Kaapse akwarium die enigste tuiste wat sy geken het. Sy het in 1997 met ’n besering aan haar dop by die akwarium aangekom nadat die bemanning van ’n Japanse treiler haar gered het toe sy in een van hul visnette verstrengel geraak het.

Die kaptein van die treiler het die seeskilpad, wat toe ’n skamele 2 kg geweeg het, na hul kok, Yoshitaro, genoem, ’n man wat ook klein van postuur was.

Yoshi het diep in die akwariumpersoneel se hart ingekruip en was een van die grootste trekpleisters vir besoekers.

Meer oor:  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.