Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ysberg groter as Johannesburg breek af van Antarktika

’n Ysberg wat groter as Johannesburg is, gaan na verwagting binne weke van die Antarktiese ysbank afbreek.

’n Kraak in die Brunt-ysbank het in Oktober 2016 ontstaan, het Nasa luidens ’n berig in The Guardian gesê.

Die kraak, bekend as die Halloween-kraak, versprei nou vinnig na ’n ander bars in die ysbank en wanneer hy dit bereik, sal die ysberg afbreek.

Die proses waarin ysberge van die ysbanke om die vasteland Antarktika afbreek, is natuurlik.

Die ysberg wat gaan afbreek, is besonder groot, maar word verdwerg deur ’n ysberg wat in 2017 van die Larsen C-ysbank afgebreek het. Dit was sowat 5 700 km², byna drie keer groter as Mauritius.

In ’n studie is bevind Antarktika se ys smelt nou drie keer vinniger as vyf jaar gelede. Indien aardverwarming nie stopgesit word nie, verwag wetenskaplikes dat smeltende ys van Antarktika die seevlak teen 2070 met 25 cm sal lig.

Meer oor:  Antarktika  |  Ysberg  |  Omgewing  |  Aardverwarming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.