Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Ysberg van sowat 1 500 km² breek af

’n Massiewe ysberg van 1 582 km2 het Donderdag van die Amery-ysbank in die ooste van Antarktika afgebreek.

Die reuseskeur in die Amery-ysmantel waar die ysberg besig was om af te breek.Foto: Phys.org

Dit is die eerste keer in 54 jaar dat so ’n groot ysberg van die Amery afbreek.

Phys.org het gister op sy webwerf berig wetenskaplikes is dit eens dat dit ’n normale proses is en dat dit niks met aardverhitting te doen het nie.

Die ysberg, waarna as D28 verwys word, is sowat 210 m dik.

Prof. Ian Meiklejohn, geomorfoloog en gletserkundige aan die Rhodes-Universiteit in Grahamstad, het bevestig dat die proses “normaal” is.

Die ysberg was deel van die Lambert-gletser, wat die grootste ter wêreld is.

Meiklejohn sê Antarktika se dinamika is “ingewikkeld”. Die oostelike deel is ’n vasteland en die weste is “byna soos ’n klomp eilande”.

Volgens Meiklejohn is die gebeure in die weste van Antarktika kommerwekkend omdat ysbanke en gletsers daar duidelik wegsmelt, regstreeks as gevolg van aardverhitting.

Die hele Antarktika, ’n massiewe vasteland, is ook besig om weg te krimp, sê hy.

Amanda Fricker, gletserkundige van die Scripps-instituut vir oseanografie in Amerika, het aan AFP gesê hoewel die ysberg “massief” is, is dié gebeurtenis deel van ’n normale siklus.

Sy sê die ooste van Antarktika verskil van die weste en Groenland, wat albei baie erg geraak word deur aardverhitting.

Fricker sê dit is belangrik dat die publiek nie verward raak en hierdie gebeurtenis aan aardverhitting toeskryf nie.

Wetenskaplikes het die eerste krake in die ysberg al 20 jaar gelede opgemerk en toe voorspel dit sal tussen 2010 en 2015 afbreek.

Wetenskaplikes het die eerste krake in die ysberg al 20 jaar gelede opgemerk en toe voorspel dit sal tussen 2010 en 2015 afbreek.

Meiklejohn sê die feit dat die ysberg van die Amery-ysbank afgebreek het, sal nie ’n invloed op die seevlak hê nie omdat die ysbank reeds gedryf en seewater verplaas het. As die ysberg smelt, sal dit net die water vrylaat wat nou in bevrore vorm vasgevang is.

ABC News berig die laaste keer dat so ’n groot ysberg van Amery afgebreek het, was in 1964. Destyds was die ysberg 10 000 km2 groot en het later die jaar in verskeie kleiner ysberge opgebreek.

Wetenskaplikes bestudeer die Amery-ysbank reeds sedert die 1960’s.

Meer oor:  Klimaatsverandering  |  Ysberg  |  Klimaat  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.