Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Yskoue naweek vir Kaap met ligte sneeu

Uiters koue toestande word Saterdag in dele van die Wes- en Noord-Kaap verwag, met ligte sneeu op berge in die Wes- en Oos-Kaap.

’n Intense kouefront word Dinsdag en Woensdag ook oor die Wes- en Noord-Kaap verwag, met swaar reën, oorstromings, ontwrigtende sneeuval en sterk wind wat kan voorkom.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag aangedui dat ligte sneeu oornag en die volgende oggend oor die Swartberg en Outeniekwaberge verwag word, asook ligte tot matige sneeu oornag oor die Winterberge, Sneeuberge, Kougaberge en Tsitsikammaberge in die Oos-Kaap.

Intussen is 52 mm reën in Ceres al teen 08:00 Vrydag vir die voorafgaande 24 uur gemeet, met 33 mm op Grabouw, 30 mm in die Paarl, 23 mm in Jonkershoek en 22 mm in Kirstenbosch en op Villiersdorp.

Reënval van 10 mm en meer is ook op Wellington (17 mm), Franschhoek (13 mm), Porterville en Bellville (10 mm) gemeet.

Verder is reënval van minder as 10 mm aangeteken in Atlantis (8 mm), Hermanus en Elim (7 mm), die Molteno-reservoir in Kaapstad en die Strand (6 mm), George, Malmesbury en Redelinghuys (5 mm), Worcester en Langebaan (4 mm), Clanwilliam en Lambertsbaai (3 mm), Knysna, Struisbaai en Stilbaai (2 mm) en op Vredendal en Riversdal (1 mm).

In die Oos-Kaap is 9 mm reën in Tsitsikamma gemeet en 3 mm in Port Elizabeth en Kaap St. Francis.

Teen Saterdag is daar ’n 60%-kans op reënbuie die oggend in George, Knysna en Riversdal en teen die middag op Plettenbergbaai, waar sneeu op die omliggende berge kan val.

In Kaapstad, die Paarl, Hermanus, Grabouw en Kaap Agulhas is daar ook ’n 30%-kans op buie die oggend.

Bewolkte weer word oor die res van die provinsie verwag, met minimum temperature grootliks rondom 5 °C en maksimum onder 15 °C.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 14 °C voorspel en ’n suidoostewind van 20 km/h tot 30 km/h. Vir George word ’n maksimum van 12 °C voorspel en ’n suidwestewind van tot 20 km/h.

Die kwik kan tot 3 °C op Grabouw, Oudtshoorn en Redelinghuys daal en 4 °C op Malmesbury, Vredendal, Worcester, Laingsburg, Ceres en Beaufort-Wes.

Op Beaufort-Wes word ’n maksimum van slegs 8 °C verwag en sneeu kan op die berge by Oudtshoorn voorkom.

In die Oos-Kaap is daar ’n 60%-kans op reënbuie in Port Elizabeth, Uitenhage, Port Alfred, Oos-Londen, Joubertina, Makhanda (Grahamstad) en Bhisho.

’n Suidwestewind van tot 40 km/h word in Port Elizabeth, Port Alfred en Makhanda verwag en kan ’n spoed van tot 50 km/h in Oos-Londen en Port St. Johns bereik.

Minimum temperature van grootliks onder 5 °C word oor die provinsie verwag en maksimums van om en by 12 °C en laer.

Vir Port Elizabeth is ’n minimum van 7 °C voorspel en ’n maksimum van 12 °C.

Die kwik kan tot -2 °C op Queenstown daal, -1 °C op Cradock en Mthatha en 1 °C op Makhanda, Graaff-Reinet en Fort Beaufort.

Sondag word koue, sonnige weer oor die Wes-Kaap verwag en gedeeltelik bewolkte weer oor die Oos-Kaap.

Vir die Wes-Kaap word maksimum temperature van net onder 20 °C voorspel en minimums van om en by 7 °C en laer.

Die kwik kan tot -1 °C daal op Ceres, Grabouw, Beaufort-Wes en Oudtshoorn, sowel as 2 °C in die Paarl, Worcester en Riversdal en 3 °C op Clanwilliam.

Vir die Oos-Kaap word maksimums van net onder 20 °C voorspel en minimums van onder 10 °C.

Die kwik kan tot -5 °C op Cradock en -4 °C op Queenstown daal, met -2 °C op Graaff-Reinet en Mthatha, vriespunt op Fort Beaufort en 1 °C op Makhanda.

Teen Maandag word warmer weer met ’n noordwestewind van 30 km/h tot 40 km/h in die Wes- en Oos-Kaap verwag.

In Kaapstad, die Paarl, Malmesbury en Langebaan is daar ook ’n 30%-kans op motreën.

Op Beaufort-Wes kan die noordwestewind ’n spoed van 50 km/h bereik.

Dinsdag is daar ’n 80%-kans op reënbuie oor die grootste deel van die Suidwes-Kaap, met ’n noordwestewind van 40 km/h tot 50 km/h.

In die Suid-Kaap en Karoo is daar ’n 30%-kans op buie.

Die noordwestewind kan ook 60 km/h op Beaufort-Wes en 50 km/h op Oudtshoorn bereik.

In die Oos-Kaap word gedeeltelik bewolkte weer verwag, met ’n 30%-kans op buie in Port Elizabeth, Uitenhage, Makhanda en Joubertina.

’n Noordwestewind van 30 km/h tot 40 km/h word oor die grootste deel van die provinsie verwag en kan tot 60 km/h op Graaff-Reinet, Cradock en Queenstown bereik.

Meer oor:  Kaap  |  Weervoorspelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.