Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Omgewing
Yzerfontein het dapper nuwe tuiniers
Volstruise hou hulself tuinier in Yzerfontein.Foto: Elizna Schreuder/Facebook

Die volstruise van die kusdorpie Yzerfontein in die Wes-Kaap, wat bekend is daarvoor dat hulle selfs in die see gaan swem, skud deesdae eerder hul vere reg om tuiniers te wees.

En hulle leef in vrede saam met die inwoners – solank hulle jou plante mag eet en jy nie te veel lol met hulle nie.

Elizna Schreuder, ’n inwoner, het vandeesweek ’n video en foto’s geneem van twee volstruiswyfies wat met mening in ’n tuin op die dorp invaar. Schreuder skryf op die Facebook-blad “Kom woon op Yzerfontein” sy weet nou wie die gate in haar tuin maak.

Die volstruise van Yzerfontein in Augustus 2015 toe hulle langs ’n swembad uitgespan het.Foto: Argief

Melina Coetzee van die toerismekantoor op Yzerfontein sê behalwe dat die volstruise daagliks in die dorp rondloop, hulle ook daarvan hou om op die strand te gaan stap. En ja, hulle het ’n paar jaar gelede selfs in die see gaan swem.

Daar is reeds heelwat kennisgewing in en om die dorp om besoekers daaraan te herinner dat dit ’n natuurbewaringsgebied is en die omgewing hier die eerste prioriteit is.

Nou beplan hulle ook om nog ’n kennisgewing op te sit om mense te vra om stadig te ry, sodat hulle nie die volstruise en klein diertjies soos die dassies, skilpaaie en bokkies raakry nie.

In 2012 is die volstruise selfs in die see gesien waar hulle gaan lafenis soek het. Foto: Argief

Ander “tuiniers” in Yzerfontein sluit ook steenbokkies en duikers in wat veral van die rooi plakkie-blomme hou.

Maar ongelukkig is dit ook nie altyd die idilliese huisie by die see nie. Coetzee sê daar is ook rooikatte in die omgewing wat op hul beurt jag maak op al die voëls en diere wat Yzerfontein as hul eie vakansiedorp beskou.

So, die volstruise moet ook maar weet, daar is nie werklik iets soos ’n gratis middagete nie, selfs al is dit in die idilliese Yzerfontein.

Meer oor:  Volstruise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.