Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
3 verdagtes in VBS-skandaal geïdentifiseer

Drie mense is tot dusver geïdentifiseer as verdagtes in die VBS Mutual Bank-skandaal waarby sowat R311 miljoen betrokke is.

Só het lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale Valke-hoof, Woensdag in die parlement gesê oor die saak waaroor vyf verskillende klagte reeds by die polisie aanhangig gemaak is.

Volgens Lebeya ondersoek die Valke die saak nadat tien munisipaliteite in Limpopo die geld, ten spyte van opdragte van die tesourie om dit nie te doen nie, by die bank belê het. Die beleggings was ook strydig met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Volgens Lebeya duur die Valke-ondersoek nog voort, maar verslae is al van die Reserwebank en die provinsiale tesourie van Limpopo rakende hul ondersoeke na die beleggings ontvang.

Hy wou nie die verdagtes se name bekend maak nie, behalwe om te sê dat ’n opsomming van die betrokke mense en maatskappye reeds uit die betrokke verslae en die saakdossier saamgestel is.

“Bankrekeningprosesse is ook steeds vir oorweging deur die relevante instellings aan die gang,” het Lebeya gesê.

Meer oor:  Vbs Mutual Bank  |  Verdagtes  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.