Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
79-jarige man kry doktorsgraad in teologie

’n 79-jarige man van Wetton, Kaapstad, het Woensdag sy doktorsgraad in teologie aan die Team Impact Christian-universiteit in Louisiana in die VSA verwerf. Die plaaslike kampus, Joy Convention Centre, is in die Strand.

Joe David Cloete, ’n oudonderwyser, sê hy was ook die oudste en enigste doktorale student wat Woensdag sy graad gekry het.

“Hulle, die gehoor, het opgestaan. Ek verdien dit eerlikwaar nie. Die Here verdien al die eer, maar dit was so wonderlik om te ervaar hoe hulle almal opstaan en die eer aan my gee wat God eintlik toekom.”

Joe David Cloete saam met sy dogter, Lucienne Leonard, en haar man, Jason, toe hy Woensdag sy doktorsgraad in teologie ontvang het. Foto: Verskaf

Cloete sê hy het ’n volle beurs vir sy doktorale studies en ’n gedeeltelike beurs vir sy meestersgraad gehad.

“Ek is baie dankbaar. Selfs die fotograaf het Woensdag vir my gesê ek hoef nie te betaal nie omdat ek ’n pensioenaris is,” sê hy.

Hy sê hy het ’n maandelikse pensioen, maar kry geen inkomste van die gemeente wat hy en twee ander leraars bedien nie.

Volgens Cloete het hy teologie as studieveld gekies omdat hy God wil dien en meer oor Hom wil weet.

Met sy studies fokus hy op mense in die samelewing wat aan dwelms verslaaf is en op huishoudelike geweld.

Joe David Cloete saam met sy kleindogter, Esther-Joy Lewis, en haar man, Gershwin. Foto: Verskaf

Deur middel van die kerk help hy onder meer paartjies om babas, wat deur hul ouers weggegee word, aan te neem, sê Cloete.

Sy vrou, Elizabeth, wat intussen aan kanker dood is, het in 2016 die gradeplegtigheid bygewoon toe hy sy meestersgraad ontvang het.

“Sy is seker nou saam in die Hemel verheug. Sy was so ’n inspirasie.”

Sy kinders en kleinkinders is ook baie trots op hom, sê hy.

Cloete het vanjaar by sy dogter, Lucienne Leonard, en haar man, Jason, gaan bly. Dit kom nadat hulle hom eendag in ’n diabetiese koma alleen in sy huis aangetref het.

Hy sê tydens sy studies was daar soms tye wanneer hy gesukkel het om gefokus te bly, maar sy wil om sukses te behaal was groter.

Hy dink reeds daaraan om nog verder te studeer.

’n Foto van Joe David Cloete en sy oorlede vrou, Elizabeth, toe hy sy meestersgraad in 2016 ontvang het.Foto: Verskaf

Meer oor:  Doktorsgraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.