Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Abrahams hoor Maandag oor sy pos

Die konstitusionele hof sal Maandag uitspraak lewer oor die grondwetlikheid van Shaun Abrahams se aanstelling as hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Die hof het vroeër vanjaar ’n aansoek aangehoor om twee verklarende bevele van die hooggeregshof in Pretoria oor grondwetlike ongeldigheid te bevestig.

Shaun Abrahams, hoof van die nasionale vervolgingsgesag. Foto: Argief
Nomgcobo Jiba, adjunkdirekteur van openbare vervolging. Foto: Argief
Lawrence Mrwebi, hoof van die NVG se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid Foto: Argief

Die hooggeregshof het bevind oudpres. Jacob Zuma se optrede was ongrondwetlik toe Mxolisi Nxasana se aanstelling as direkteur van openbare vervolging beëindig is.

Nxasana het ’n goue handdruk van R17,3 miljoen aanvaar om die pos te verlaat nadat die verhouding tussen hom en Zuma versuur het.

Nxasana het Zuma ingelig oor hoe van sy ondergeskikte amptenare hom ondermyn, maar Zuma het hom nie ondersteun nie, het die hof gehoor.

Die hof het ook gehoor dat Nxasana nie uit sy pos wou bedank nie, maar dat omstandighede hom tot dié stap gedryf het.

Hy het aan Zuma gesê hy sal net bedank as hy betaal word vir die oorblywende jare van sy kontrak as hoof van die NVG.

Die hooggeregshof in Pretoria het ook bevind Abrahams se aanstelling in Nxasana se pos was ongrondwetlik.

Intussen verstryk die spertyd Vrydag vir twee senior amptenare van die NVG om redes te verskaf oor waarom hulle nie geskors moet word nie, het Netwerk24 vroeër berig.

Adv. Nomgcobo Jiba, adjunkdirekteur van openbare vervolging, en adv. Lawrence Mrwebi, hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid, het tot 17:00 om te sê waarom hulle in hul poste moet aanbly.

Jiba en Mrwebi is voorheen van die rol van advokate geskrap weens hul hantering van aanklagte teen Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie.

Hul status is egter deur die appèlhof herstel en albei het onlangs na die NVG teruggekeer. Die algemene balieraad gaan die kwessie in die konstitusionele hof betwis.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesmaand in ’n verklaring gesê die aanklagte teen Jiba en Mrwebi is al jare lank in die openbare domein en ondanks regsgedinge is dit nog nie afgehandel nie.

“Die uitsprake (oor Jiba en Mrwebi se optrede) deur verskeie lede van die regbank het die beeld van die NVG skade berokken. Dit moet behoorlik belug en gepak word.”

Meer oor:  Shaun Abrahams  |  Nvg  |  Nomgcobo ­Jiba  |  Mxolisi Nxasana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.