Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Ace bereid om voor Zondo te getuig oor Gupta-geld

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag erken dat ’n vergadering met onder meer oudpres. Jacob Zuma verlede week in Durban plaasgevind het, maar het ontken dat die doel daarvan was om ’n opstand teen pres. Cyril Ramaphosa te bekook.

Magashule het sedert die naweek onder skoot gekom nadat die Sunday Times Sondag berig het dat hy verlede week ’n geslote vergadering in die Maharani-hotel met Zuma, Supra Mahumapelo (vorige premier van Noordwes), Meokgo Mathuba (sekretaris-generaal van die ANC-vroueliga) en Thandoxulo Sabelo (sekretaris van die ANC-jeugliga in KwaZulu-Natal) in Durban “geïnisieer” het.

Ace Magashule gesels in ’n regstreekse TV-onderhoud met die SAUK oor beweringe dat hy betrokke is by pogings om pres. Cyril Ramaphosa as staatshoof uit te werk. Foto: Zukhanye Mtebele

Magashule, wat in ’n onbewaakte oomblik na Zuma as “pres. Zuma” verwys het, het ook gesê dat hy in die verlede by verskeie geleenthede met Zuma vergader het om organisatoriese ANC-kwessies te bespreek.

“Hierdie was nie die eerste keer dat ek ’n ontmoeting met pres. Zuma (sic) gehad het nie,” het Magashule gesê.

Sabelo het teenoor Netwerk24 bevestig dat hy verlede week buite die Maharani-hotel vir Magashule ontmoet het, maar het ontken dat hy deel van die vergadering was.

“Ja, ek het die SG buite die hotel ontmoet, enigiets anders is fopnuus,” het hy gesê.

Njabulo Nzuza, sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga het Dinsdag gesê dat die liga “absolute vertroue” in Magashule het en dat hulle geen rede het om te vermoed dat hy Ramaphosa uit die kussings wil lig nie.

“Ons het volle vertroue in die gesag van die SG en ons het ’n onwrikbare geloof in alles wat hy sê. Ons het geen rede om te glo dat hy deel is van ’n komplot om Cyril Ramaphosa omver te werp nie.”

Dr. Somadoda Fikeni, ’n politieke ontleder, het twee moontlikhede geskets wat dalk kan verduidelik waarom Magashule niks oor die inhoud van die vergadering wil sê nie. “Die eerste is dat die Zuma-faksie besef dat hulle besig is om te verswak weens die staatskapingondersoek en dat hulle daarom moes vergader. Die tweede is dat hulle wou vergader om maniere te bespreek om Ramaphosa te verswak sodat hy geen verdere beslissende besluite kan neem nie.”

Gilliland het ook aan die kommissie gesê dat KwaZulu-Natal se provinsiale regering die tweede grootste betaler was aan die koerant New Age en die Guptas se maatskappy, Infinity Media, met betalings ten bedrae van R25 miljoen, gevolg deur Noordwes, wat R23,8 miljoen spandeer het.

Magashule het ook Dinsdag gesê hy is bereid om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.

Dit is om te verduidelik dat daar niks “verkeerd” was met die Vrystaatse provinsiale regering se betaling van R79 miljoen vir advertensies vir die Guptas se mediahuise nie.

Magashule het in ’n TV-onderhoud gereageer op kundige getuienis Maandag deur Jan Gilliland, ’n amptenaar van die nasionale tesourie, voor die kommissie.

Gilliland het voor die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, getuig dat die Vrystaat, tydens Magashule se bewind as premier, tussen 2011 en 2018 meer as enige ander provinsie aan advertensies spandeer het.

Magashule hou vol dat behoorlike aanskaffingsprosedures gevolg is en dat hy bereid is om voor Zondo te verskyn, sou hy ontbied word om bewyse te gaan lewer.

“Gaan dit na, want selfs die nasionale tesourie aanvaar dat die prosesse bo verdenking was en ek is bereid om op enige gewewe oomblik na die staatskapingkommissie te gaan,” het Magashule gesê.

“Daar is niks verkeerd met wat gebeur het nie.”

Gilliland het ook aan die kommissie gesê dat KwaZulu-Natal se provinsiale regering die tweede grootste betaler was aan die koerant New Age en die Guptas se maatskappy, Infinity Media, met betalings ten bedrae van R25 miljoen, gevolg deur Noordwes, wat R23,8 miljoen spandeer het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.