Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Adv. Barry Roux dankbaar ná 'dubbelganger' ontmasker is

Adv. Barry Roux sê hy is dankbaar vir ’n News24-ondersoek wat die persoon verantwoordelik vir die skyn-Twitter-rekening @AdvBarryRoux ontbloot het.

“Ek is dankbaar, want ek is dikwels oor sommige van daardie twiets gekonfronteer,” sê Roux. “Sommige mense het geweier om my verduideliking te aanvaar dat dit nie ek was nie en dat ek nie eers ’n Twitter-rekening het nie”.

Adv. Barry Roux

Die ondersoek het die skynrekening – wat meer as 500 000 volgelinge het – onweerlegbaar verbind met ’n Zimbabwiese blogger genaamd Csho Chilala.

Chilala is geïdentifiseer deur foto’s van sy Instagram-rekening te vergelyk met foto’s op een van sy ander rekeninge. Dit het ook aan die lig gekom dat hy ’n Facebook-blad onder die skuilnaam Vusi Mkhize bedryf, wat in die verlede inligting op dieselde tyd as die @AdvBarryRoux-rekening geplaas het.

Chilala het ook tydens die Zambiese verkiesings beeldmateriaal opgelaai waarin sy stem hoorbaar is en sy gesig gesien kan word. Dit het joernaliste in staat gestel om sy stem te vergelyk met ’n opname van ’n radio-onderhoud wat @AdvBarryRoux in Januarie 2018 toegestaan het.

Terwyl verskeie Twitter-gebruikers verbaas was, beweer ander Chilala se identiteit het reeds in Desember 2017 tydens ’n sogenaamde twar, of “Twitter-oorlog”, op die lappe gekom.

Verskeie gebruikers het aan die twar tussen @AdvBarryRoux en Daniel deelgeneem en sommige van hulle het foto’s geplaas van die man wat hulle geglo het agter @AdvBarryRoux skuil.

Die @AdvBarryRoux-rekening het daarna op Instagram en Twitter ontken dat die foto’s van hom is en later beweer die hele twar was net ’n georkestreerde reklamefoefie. @AdvBarryRoux het vroeër vandeesweek ook ontken dat hy Chilala is en het voorheen gesê die skynrekening word deur verskillende mense beheer.

Die voormalige Gautengse Valke-baas Shadrack Sibiya, wat in die verlede deur @AdvBarryRoux met die Tsjeggiese misdaadbaas Radovan Krejcir verbind is, het ook op die nuus reageer. Sibiya het nog altyd enige verbintenis met Krejcir ten sterkste ontken.

Sibiya het @AdvBarryRoux se bronne bevraagteken en sê hy wil weet hoe ’n buitelander toegang tot sensitiewe inligting verkry.

“Wie het hom met inligting gevoer, wat is die eindspel? Wie staan agter hom? Hoe kan Twitter seker maak so iets gebeur nooit weer nie?” vra Sibiya.

“Ek dink hy is ’n bedreiging vir nasionale veiligheid en die Suid-Afrikaanse owerhede moet hieraan aandag gee, wat hy is besig om nasionale veiligheid en/of -stabiliteit in gedrang te plaas.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.