Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Ajay wil Mcebisi en Vytjie kruisondervra

Ajay Gupta het formeel aansoek gedoen om Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, en Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, te kruisondervra oor hul bewerings dat hy ministersposte aan hulle aangebied het in ruil vir sake-gunste.

Adv. Mike Hellens SC van Ajay Gupta se regspan, het Maandag by die regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping aan adjunkhoofregter Raymond Zondo gesê sy kliënt het aansoek gedoen om getuies te kruisondervra wat hom geïmpliseer het by bewerings van staatskaping.

Adv. Dawie Joubert SC, wat ook vir Ajay Gupta verteenwoordig, het gesê sy kliënt het ook vir Themba Maseko, voormalige hoof van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS), in die visier.

Ajay Gupta

Joubert, wat ook vir Duduzane Zuma en Rajesh en Tony Gupta verteenwoordig, het gesê ook hulle wil Jonas kruisondervra.

Oudpres. Jacob Zuma se voormalige assistent, Lakela Kaunda, wil ook vir Mentor kruisondervra. Mentor het Kaunda as die tussenganger beskryf wat ’n ontmoeting in 2010 gereël het tussen haar en die Gupta-broers in Saxonwold. Volgens Mentor is die pos van minister van openbare ondernemings hier aan haar aangebied op voorwaarde dat sy die Suid-Afrikaanse Lugdiens se roete van Johannesburg na Indië skrap.

Adv. Mandla Mtolo en genl.maj. Zinhle Mnonopi, wat volgens Jonas probeer het om ondersoeke na Ajay Gupta se beweerde R600 miljoen-omkoopgeld aan hom (Jonas) onder die mat te vee, het ook aansoek gedoen om Jonas te kruisondervra.

Adv. Jaap Cilliers SC, wat die sakeman Fana Hlongwane verteenwoordig, het gesê sy kliënt wil Mentor kruisondervra.

Lynne Brown, voormalige minister van openbare ondernemings, het ook deur haar regsverteenwoordiger by die kommissie kennis gegee dat sy getuies wil kruisondervra. Haar aansoek sal oorweeg word as sy regstreeks geïmpliseer word by staatskaping deur getuies.

Zondo het gesê hy het ’n voorlegging van oudpres. Zuma se regspan ontvang dat hy “ ’n posisie” ingeneem het, maar hy het nie hieroor uitgewei nie.

Al die aansoeke om toegelaat te word om getuies te kruisondervra sal Woensdag en Donderdag aangehoor word.

Meer oor:  Vytjie Mentor  |  Ajay Gupta  |  Mcebisi Jonas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.