Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Bosasa-werkers paniekbevange ná afdankbriewe

Bosasa-werkers sal na verwagting staak omdat African Global Operations (AGO), die maatskappy wat voorheen as Bosasa bekend gestaan het, gelikwideer kan word. 

Die AGO het verlede week aangekondig dat hy aansoek gedoen het om gelikwideer te word nadat FNB en Absa hulle ingelig het dat hulle nie meer daar kan bank nie.

Werkers is Vrydag uit die kantoor se hoofkantoor in Krugersdorp gesluit nadat die hooggeregshof 'n likwidateur aangewys het. 

Cloete Murray, likwidateur, het toe gesê dat hy nie sal kan bevestig hoe lank die werkers sonder werk sal sit nie.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het dieselfde dag op die AGO toegesak en hul dokumente en rekenaars geëis. 

Werkers het intussen aan News24 bevestig dat hulle Maandag afdankingsbriewe ontvang het.

'n Werknemer het gesê dat die werkers kwaad is en hulle dring daarop aan om hul werk te behou.

Die afdankingsbriewe lui glo dat die werkers hul laaste weke by die maatskappy moet voltooi voordat hulle sonder werk sit.

"Dit is sleg. Ons verloor ons werk. Die likwidateur het in die briewe vir ons gesê dit is verby."

Die werkers het Maandag teruggekeer werk toe nadat Murray en die unies gesê het hulle moenie terugkeer nie.

Die werkers het reeds Donderdag bekommerd geraak toe hul salarisse 'n week voor die tyd inbetaal is, waarna hulle geweier het om Vrydag te werk en hul skootrekenaars in te handig.

Bosasa se probleme het erger geraak nadat Angelo Agrizzi by die Zondo-kommissie oor staatskaping getuig het.

Meer oor:  Fnb  |  Absa  |  Likwidasie  |  Bosasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.