Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Gupta-ondersoek: ‘Dis hoogverraad!’

’n Staatsamptenaar het hoogs vertroulike inligting oor Suid-Afrikaanse ambassadepersoneel in meer as 60 lande met die Guptas se regterhand, Ashu Chawla, gedeel.

Chawla was destyds bestuurshoof van Sahara Computers en het alle korrespondensie namens die familie met die departement van binnelandse sake hanteer.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, sou gisteraand in Kaapstad getuig voor die portefeuljekomitee oor binnelandse sake wat die naturaliseringsproses van die Guptas ondersoek, maar dit moes herskeduleer word. Foto: ADRIAN DE KOCK

Hy het onder meer om die vervroegde naturalisering van die Guptas aansoek gedoen, het die portefeuljekomitee van binnelandse sake wat die naturaliseringsproses ondersoek, in Kaapstad gehoor.

“Dit is absolute hoogverraad,” het Patrick Chauke, komiteevoorsitter, gister gesê.

Gideon Christians, hoof van immigrasie van die hoëkommissariaat in Nieu-Delhi, Indië, het getuig alle personeel is in 2013 deur die destydse hoë kommissaris opdrag gegee om versoeke van die Guptas om visums of werkpermitte vinnig deur te voer.

Dit was nadat Chawla die hoëkommissariaat besoek het om vir die bespoediging van die proses te vra omdat die Guptas hul ANN7-televisiestasie in Suid-Afrika sou begin het.

Christians het ook van die visums van die Indiese gaste wat op die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria geland het om die Gupta-troue by Sun City by te woon, hanteer.

Toe Christians getuig hy het nié ’n onbehoorlike verhouding met Chawla gehad nie, het Chauke e-pos aan hom gewys wat hy destyds aan Chawla gestuur het.

“Dit is ’n hoogs vertroulike e-pos.

Die komitee het ook gehoor die departement van binnelandse sake het nooit die inligting wat die Guptas as motivering gebruik het om die aanvanklike weiering van hul naturaliseringsaansoek in 2015 omgekeer te kry, bevraagteken of geverifieer nie.

“Dit bevat die naam, pos van ’n persoon wat in Kaïro ontplooi is, sowel as (inligting oor) daardie persoon se kinders, die toelaes vir hul skoolopleiding, die persoon se huurbedrag, waar hy woon, sy water-en-elektrisiteitsrekening en die persoon se salaris.

“En só is dit vir ontplooides in 63 lande oor die wêreld heen. Enigiemand wat daardie inligting het, weet alles van die land se ontplooiing van diplomatieke personeel.

“Dit is hoogverraad as daardie inligting in ’n private persoon se hande beland.”

Chauke het Thulani Mavuso, waarnemende direkteur-generaal van binnelandse sake wat ook in die komitee sit, versoek om die saak dadelik te laat ondersoek.

“Ek dink die parlement moet ook die wetstoepassingsagentskappe betrek.

“Hierdie inligting is hoogs vertroulik en selfs nie LP’s het toegang daartoe nie.”

Chauke het gesê stappe moet gedoen word om Chawla te dagvaar om voor die komitee te verskyn.

Chawla se prokureur het die komitee blykbaar eergisteraand in kennis gestel hulle kan slegs deur hom met sy kliënt kommunikeer.

Chawla is egter tans in Indië en sal eers in November beskikbaar wees om te getuig, het hy gesê.

Verwarring heers oor waar Chawla hom werklik bevind nadat die komitee in kennis gestel is hy is op borgtog en moes sy paspoort indien.

Apleni het ook ontken dat hy ooit vir Chawla, wat alle korrespondensie met binnelandse sake namens die Guptas hanteer het, ontmoet of geken het.

Hy is aangekla weens beweerde bedrog wat met die Estina-melkplaasskandaal in die Vrystaat verband hou.

Die komitee het ook gehoor die departement van binnelandse sake het nooit die inligting wat die Guptas as motivering gebruik het om die aanvanklike weiering van hul naturaliseringsaansoek in 2015 omgekeer te kry, bevraagteken of geverifieer nie.

Dit sluit syfers in oor hoeveel hulle kwansuis in die land belê het, asook hoeveel werk hulle sou geskep het.

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, sou gisteraand getuig het, maar dit moes herskeduleer word omdat Mkuseli Apleni, voormalige direkteur-generaal van binnelandse sake, sy getuienis moes onderbreek om na Johannesburg te vlieg.

Gigaba het in Mei 2015 die finale goedkeuring vir die naturalisasie van die Guptas gegee.

Apleni het getuig dit is nie waar nie dat die inligting wat die Guptas in hul appèlaansoek verskaf het, nie geverifieer is nie soos wat Norman Ramashia, ’n senior amptenaar in die departement wat die appèlaansoek moes oorweeg het, vroeër die dag getuig het.

Apleni het ook ontken dat hy ooit vir Chawla, wat alle korrespondensie met binnelandse sake namens die Guptas hanteer het, ontmoet of geken het.

Volgens hom was hy ook nie daarvan bewus dat Christians opdrag gekry het om alle Gupta-verwante aansoeke om visums en werkpermitte in Indië te bespoedig nie.

Chauke het die ondersoek onbepaald uitgestel.

Die komitee was veronderstel om met sy volgende sitting, op 9 Oktober, reeds aan sy finale verslag te begin werk.

Meer oor:  Sahara Computers  |  Ashu Chawla  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.