Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
#GuptaLeaks: ‘Ons is net gewone Suid-Afrikaners’

Die twee individue agter die enorme #GuptaLeaks-skandaal was net “gewone Suid-Afrikaners” met geen politieke motief hoegenaamd nie.

Die twee het Woensdagmiddag in ’n video-onderhoud waarin hul gesigte verberg is, vertel hoe die skandaal hul lewe verander het. Een van hulle moes onder meer vir hul eie veiligheid verhuis – iets wat sy gesin teëgestaan het.

Twee van die omstrede Gupta-broers saam met Duduzane Zuma, een van oudpres. Jacob Zuma se seuns.

Die fluitjieblasers het in 2017 tienduisende e-posse aan die Daily Maverick uitgelek.

Dit het ingesluit e-posse tussen die Gupta-familie en oudpres. Jacob Zuma, sy seun Duduzane Zuma, topbestuur van staatsondernemings en werknemers van die skakelfirma Bell Pottinger.

Die twee fluitjieblasers het ’n boodskap opgeneem wat by The Gathering: Media Edition in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum uitgesaai is. Die dag lange konferensie is deur Daily Maverick en 10X Investments aangebied.

“Om eerlik te wees, daar was ’n tyd in die verlede toe ek aan myself gesê het ek sal dit nooit weer doen nie. Maar daar is nie baie mense wat sou doen wat ons gedoen het nie. Ons wou ’n rol speel en inligting verskaf.”

#GuptaLeaks het die reputasie van firmas soos KPMG, McKinsey en MultiChoice geweldige skade berokken.

Dit het onder meer onthul hoe die Guptas na bewering omkoopgeld van ’n Chinese maatskappy ontvang het in ruil vir kontrakte met Transnet om byna 400 treine te vervaardig.

Meer oor:  Daily Maverick  |  Jacob Zuma  |  Guptas  |  Duduzane ­Zuma  |  Korrupsie  |  Guptaleaks  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.