Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Jan Taks ‘se enjin is nou morsdood’

As daar nie dringend ’n plan met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gemaak word nie, gaan belasting aanhou verhoog word om vir die tanende inkomste te vergoed.

“As jy belasting té hoog maak óf jy betaal nie geld terug wat aan mense verskuldig is nie, gaan hulle geïrriteerd raak en minder belasting betaal,” het Barry Hore, voormalige bedryfshoof van die SAID, gister in Pretoria getuig.

Hy was weer voor die Nugent-kommissie van ondersoek oor gebeure by die SAID onder leiding van Tom Moyane, geskorste kommissaris.

Barry Hore

Hore het getuig die SAID se “enjin is tans dood”.

Maar, het hy gesê, indien “die regte mense in die regte poste geplaas word en as hulle toegelaat word om besluite te neem”, kan die enjin weer aan die gang gekry word.

Mense met sake-ondervinding moet ook weer teruggeroep word.

Hy het gereageer op ’n verslag van die konsultantefirma Gartner oor die SAID se IT-afdeling wat dié amptenare gekritiseer het. Moyane het Gartner teen R200 miljoen aangestel.

“Van die mense met die beste vaardighede in inligtings- en kommunikasietegnologie werk by die SAID vir baie minder geld as wat hulle iewers anders kan verdien.

“Sit die mense wat steeds hier werk – en heelwat van hulle sit nou in hierdie vertrek – in die regte pos en jy is al 80% daar om die stelsel reg te kry,” het hy getuig.

Hore het gesê hy stem slegs met twee stellings in die Gartner-verslag saam: dat die sentrale fokus van die SAID die insameling van inkomste moet wees en dat dit op kliënte moet fokus.

“Ons het genoeg geld nodig om die foute van die verlede reg te stel sonder om die ontwikkeling van Suid-Afrika as ’n geheel in te doen.

Adv. Carol Steinberg, die ondersoekleier, het aangevoer kontrakte wat verleng is, het dié maatskappye in staat gestel om fout te vind by die SAID sodat hulle die tyd wat hulle aan projekte bestee kon verleng.

“As ons nie genoeg geld het nie, gaan daar baie moeilike besluite geneem moet word.”

Hore het gesê hy kon verder niks van waarde in die verslag van 200 bladsye vind nie.

Hy het afgetrede regter Robert Nugent, voorsitter van die kommissie, skertsend gewaarsku om tog versigtig deur die dokument te blaai, want “elke bladsy is R1 miljoen werd”.

Hy het ook getuig hy kon nie verstaan hoekom Gartner voorgestel het dat die rekenaarstelsel wat spesifiek vir die SAID ontwerp is skielik met ’n pasklaarproduk, wat volgens Hore steeds aangepas moes word, vervang moes word nie.

Johnstone Makhubu, finansiële hoof van die SAID, het eergister getuig die korrekte prosesse is waarskynlik nie gevolg met die aanstelling van Gartner en die ander konsultantefirma Bain & Co. nie.

Bain se kontrak van R164 miljoen om die SAID te herstruktureer is twee keer hernu, terwyl verskillende kontrakte ter waarde van R200 miljoen aan Gartner toegeken is om aan die SAID se rekenaarstelsel te werk.

Adv. Carol Steinberg, die ondersoekleier, het aangevoer kontrakte wat verleng is, het dié maatskappye in staat gestel om fout te vind by die SAID sodat hulle die tyd wat hulle aan projekte bestee kon verleng.

Meer oor:  Said  |  Tom Moyane  |  Barry Hore  |  Nugent-Kommissie  |  Belasting  |  Getuienis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.