Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Klopjag op Pauw ‘onheilspellend’

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) is met afgryse vervul oor die Valke se klopjag op die huis van die ondersoekende joernalis en skrywer van The President’s Keepers, Jacques Pauw.

Sanef het Woensdag in ’n verklaring gesê die voorval is ’n bewys daarvan dat mediavryheid bedreig word.

Die Valke se eenheid wat by Pauw se huis in Riebeek-Kasteel opgedaag het, is bekend as dié wat “misdaad teen die staat” ondersoek.

Sanef wys daarop dat Pauw in sy boek “plofbare inligting” oor oudpres. Jacob Zuma en bewerings van staatskaping oopgevlek het.

Volgens Sanef is daar sprake daarvan dat groepe in die staatsveiligheidsagentskappe nou terugveg om die bekendmaking van dié soort inligting in die kiem te smoor en joernaliste te intimideer en te teister. Hy sê ondersoekende joernalistiek is noodsaaklik om die demokrasie lewend te hou en om staatskaping te keer.

Jacques Pauw gesels oor sy topverkoper The President’s Keeper.

Sanef wil met Bheki Cele, minister van polisie, vergader om sy ernstige kommer oor die voorval oor te dra.

Die forum beklemtoon dat niemand gerus kan wees oor die bedreiging van mediavryheid nie. “Ons het die afgelope tyd verskeie onrusbarende neigings waargeneem wat mediavryheid bedreig.”

Hy wys daarop dat die politieke temperatuur waarskynlik gaan styg in die aanloop tot die verkiesing volgende jaar. “Dit is veral in hierdie moeilike tyd dat Suid-Afrika sy joernaliste moet beskerm.”

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) het ook sy kommer oor die klopjag op Pauw se huis uitgespreek, veral omdat dit gedoen is net 48 uur nadat verskeie ministers met geraamtes in die kas weer mag in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet gekry het.

“Hierdie klopjag hou geen goeie boodskap in vir die land op ’n tyd dat so baie Suid-Afrikaners hul hoop geplaas het op ’n verantwoordbare regering ná Jacob Zuma nie.”

Suid-Afrikaners kan met reg wonder hoe dit moontlik is dat ANC-politici wat regstreeks verbind word met korrupte aktiwiteite die vorige bedeling kon oorleef, ondanks beloftes van ’n skoon en verantwoordbare regering. Nou word dié een wat die moed gehad het om die verrotting te ontbloot, onderwerp aan die vyandige aanslag deur die staat se veiligheidsagente.

Die SAIRV het dié voorval as “onheilspellend” en ’n ernstige bedreiging vir die demokrasie beskryf.

Die klimaat wat met hierdie optrede geskep word, herinner aan outokrasie en die onderdrukking van die waarheid.

“In hierdie omstandighede word ’n klimaat van vrees en intimidasie geskep wat die samelewing se vertroue in ’n vrye toekoms ondermyn.”

Die instituut doen aan die hand dat die regering hand in eie boesem steek om Suid-Afrika, ’n land wat vir lank gely het en nou nuwe optimisme gekry het, weer vertroue te gee in sy leiers deur diegene wat aan korrupsie skuldig is, aan die pen te laat ry, pleks daarvan om toe te slaan op diegene wat korrupsie ontbloot.

Meer oor:  Sanef  |  Jacques Pauw  |  The President's Keepers  |  Valke  |  Klopjag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.