Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Komitee wil weet waar is Distrik Ses se geld

Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, moet aan die portefeuljekomitee oor menslike nedersettings verduidelik hoekom daar ’n tekort van R367 miljoen is in die begroting wat oudpres. Jacob Zuma in 2011 aan Distrik Ses-grondeisers toegeken het.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming. Foto: Beeld

Matlhodi Maseko, DA-LP en voorsitter van die komitee, het Vrydag in ’n verklaring gesê amptenare van die departement het Dinsdag aan die komitee gesê daar is slegs R333 miljoen toegeken om die Distrik Ses-grondhervormingsprogram te bespoedig. Volgens die amptenare is R153 miljoen hiervan nog beskikbaar.

“Luidens die departement se Distrik Ses-sakeplan is R700 miljoen egter aan die projek toegeken. Zuma het dié bedrag in 2011 bevestig toe hy gesê het dat alle grondeisers teen 2014 terug in Distrik Ses sou wees,” lui die verklaring.

Maseko sê Nkoana-Mashabane moet aan die komitee kom verduidelik hoekom daar ’n verskil van R367 miljoen is.

“Verder moet die minister verduidelik waar die verskil vandaan kom aangesien dit ernstige kommer wek,” sê Maseko.

Hy sê dat die grondhervormingsproses vir Distrik Ses reeds 20 jaar gelede op 31 Desember 1998 begin het en hoewel daar eisers is wat gelys en geverifieer is, is baie van die eisers steeds onseker wanneer hulle na Distrik Ses sal kan terugkeer.

Meer oor:  Maite Nkoana-Mashabane  |  Distrik Ses  |  Grondeise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.