Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Kommissie vra inligting oor staatskaping
Terence Nombembe (links), hoofondersoeker van die kommissie, adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter, en Khotso de Wee, sekretaris, in Mei op ’n mediakonferensie. Foto: Eugenie Gregan

Mense wat inligting oor moontlike staatskaping, korrupsie en bedrog in die staat het, is gevra om dit aan die regterlike kommissie wat staatskaping ondersoek, te verskaf.

Inligting of bewyse kan by die kommissie se kantoor op die tweede verdieping van Hillside House, Empireweg 17, in Johannesburg afgelewer word. Inligting kan ook na inquiries@sastatecapture.org.za gestuur word of mense kan die kommissie by 010 214 0651 bel om ’n afspraak met een van die lede te maak.

Die identiteit van mense wat inligting verskaf, sal beskerm word.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het in Mei aangekondig die ondersoek sal van 18 maande tot twee jaar duur. Die kommissie beplan om die eerste verhore in Augustus te hou.

Oudpres. Jacob Zuma het die kommissie in Januarie aangestel nadat die voormalige openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, hom opdrag gegee het om staatskaping te ondersoek. Zondo het in Maart die span aangekondig wat die ondersoek onder sy voorsitterskap sal behartig. Advv. Mahlape Sello en Philip Mokoena is sedertien ook as lede van die kommissie aangestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.