Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Omstrede blog was Bell Pottinger se handewerk
Lord Bell Foto: Getty Images

Voetsekblog.co.za, die webblad wat vals inligting versprei het, is uiteindelik met Bell Pottinger, gewese beeldpoetser van die Gupta-familie, verbind.

Dít het aan die lig gekom in ’n onderhoud wat Ed Caesar van The New Yorker met Lord Bell, voormalige voorsitter van Bell Pottinger, gevoer het.

Volgens die onderhoud het Bell Pottinger ’n onderhoud tussen Stephen Grootes, ’n joernalis, en Ajay Gupta gereël as deel van ’n veldtog teen negatiewe beriggewing oor die familie.

’n Uittreksel van die onderhoud is later onder die kodenaam Projek Biltong op YouTube gedeel.

Dit het ook aan die lig gekom dat Jonathan Lehrle, ’n Suid-Afrikaanse reklameagent, die idee vir die Voetsekblog met sy gepaardgaande Facebook- en Twitter-rekeninge voorgestel het.

Volgens ’n verslag wat Caesar gesien het, is sommige van die spotprente op die blog deur The New Age geskep.

Dié nuusmaatskappy het voorheen aan die Guptas behoort, maar is verlede jaar aan Mzwanele (Jimmy) Manyi verkoop.

’n Transkripsie van ’n gesprek tussen James Henderson, Bell Pottinger se voormalige uitvoerende hoof, en Victoria Geoghegan, ’n uitvoerende bestuurder van die Gupta-maatskappy, Oakbay, toon dat Henderson eers bewus geword het van die agentskap se insette in die webblad toe hulle dokumente aan prokureurs oorhandig het as deel van ’n regshersieningsproses wat ’n stokkie voor Bell Pottinger se doen en late moes steek.

Volgens Caesar het Henderson gedurende die gesprek gesê: “Hierdie hele blad word deur rassisme gemotiveer. Ons ontken dat ons dit gedoen het!”

Voetsekblog was een van die reeks anonieme webblaaie wat die openbare diskoers in die Gupta-familie en hul sakeondernemings se guns wou swaai.

Waar die Voetsekblog deur Bell Pottinger bestuur is, is ander webblaaie glo direk deur Gupta-personeel bestuur. Volgens GuptaLeaks was Bell Pottinger soms onbewus en selfs gefrustreerd met Gupta-personeel se eie pogings tot openbare verhoudinge.

Webblaaie soos thetruthbyconnormeade.co.za en wmcleaks.com het die Guptas as martelaars vir radikale ekonomiese transformasie geskets.

Ondersoeke deur News24 en die Daily Maverick se Scorpio-ondersoekspan het die webwerwe uiteindelik met die Guptas verbind.

Die inhoud wat deur die webwerwe geskep word sou dan via verskeie vervalste sosiale media-rekeninge (die sogenaamde “Guptabots”) versprei word.

Meer oor:  Blog  |  Bell Pottinger  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.