Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ondersoeke
Ondersoek na Jan Taks: Pravin getuig 1ste

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sal Dinsdagmiddag getuig in die eerste van ’n reeks openbare verhore van die kommissie van ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die kommissie is in opdrag van pres. Cyril Ramaphosa aangestel om invloedryke persone vir belastingontduiking te ondersoek en te bepaal of die SAID genoegsaam opgetree het om die tekort aan belastinginkomste die afgelope jare te hanteer.

Ramaphosa het in sy staatsrede gesê die kommissie kan help om die geloofwaardigheid van die SAID te herstel, asook sy vermoë om sy teikens vir belastinginvordering te behaal.

Pravin Gordhan

Die kommissie word deur regter Bob Nugent gelei.

“Die kommissie word geag as dringend en ons neem aan die president beskou dit ook as ’n dringende kwessie,” het Nugent Dinsdagmiddag op ’n nuuskonferensie voor die eerste sitting in Pretoria gesê.

“Hy het vir ons baie beperkte tyd gegee om aan hom terug te rapporteer. Daar is ’n tekort aan R50 miljard in belastinginsameling. Sommige mense sê dit is te wyte aan die ekonomie, ander sê dit is die SAID wat nie doeltreffend werk nie.”

Hy sê die kommissie sal nie net met openbare verhore inligting insamel nie omdat “dit jare kan neem”. Inligting sal ook in beëdigde verklarings en ander dokumente verkry word.

Van die aspekte wat die kommissie moet bekyk, is of die SAID voldoende en wettig opgetree het om belastinginvordering te verbeter in die lig van die inkomstetekorte van 2016 en 2017.

Die kommissie ondersoek ook die talle klagtes oor stadige BTW-terugbetalings in die afgelope twee jaar en of die proses van belastingoudits selektief toegepas is om sekere mense te bevoordeel of teen hulle te diskrimineer.

Gordhan sal na verwagting om 14:30 Dinsdag getuig.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Ondersoek  |  Said
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.